Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 17 VAN 21

Ek kan met eerlikheid sê dat Matteus 12:36 'n vers is wat my hart vinniger laat klop, my bloeddruk laat styg en my mond dadelik droog laat voel. Hierdie een enkele vers wat in die boek Matteus gevind word, ruk my elke keer tot in my wese wanneer ek dit lees. 

Vir elke ligsinnige woord wat ek al ooit gesê het, of nog gaan sê, sal ek eendag vir Jesus presies moet vertel hoekom daardie spesifieke woorde uit my skuldige mond gekom het. As jy gedink het dis moeilik om jou hart of siel te bewaak, wag tot jy dit vir jou tong moet doen! Indien jy nog nie suksesvol was om jou hart te bewaak nie, sal jou tong aanhou babbel sonder enige hoop dat jy dit ooit kan beheer of verstaan. Jou gees moet beheer neem en die laaste sê hê, nie net oor wat in jou hart is nie, maar ook wat jy toegelaat word om te sê. 

Jou gees, wat met geloof, krag en die Woord van God gevul is, moet die gesag kry om te bepaal wat uit jou mond kom. As jy begeer om met die wysheid en kennis van God te praat, moet jy na Hom in sy Woord luister. Jy moet elke dag vra dat God se gedagtes hoogty vier bo jou persoonlike denkprosesse.

As ons versigtig gaan kyk hoe die Heilige Gees die tong in Spreuke 31:25-26 beskryf, kan ons een van die heel mooiste en kragtigste lesse leer. Die rede hoekom hierdie vrou nie oor die toekoms bekommerd is nie, is ... "As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde." Wanneer jy met wysheid praat omdat jy dink soos God dink, sal jy ook in staat wees om jou nie oor die toekoms te bekommer nie. Die nalatenskap wat ek graag wil agterlaat, is nie een van selfverheffing of selfs om skatte bymekaarmaak te maak of grade in te palm of juwele op te gaar nie. Die nalatenskap wat ek wil agterlaat is wysheid en vriendelikheid. Wat van jou?

Persoonlike Toepassing: Watter roekelose woorde het jy teenoor ander mense gebruik waaroor jy baie spyt is? 

  

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com