Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 16 VAN 21

Wanneer jy die Woord van God oor mense uitspreek, wanneer jy vriendelike woorde oordra, wanneer jy kies om eerder positief as negatief te wees en jy ander mense seën as hulle jou sleg behandel, sê die Bybel dat jy die lewe sal ontvang! Jou woorde het nie slegs die krag om na lewe of dood te lei nie, maar hulle bepaal ook jou lewe. Jy sal eendag jou woorde moet sluk, of jy nou daarvan hou of nie! 

Die woorde wat jy in oomblikke van diep emosies en geweldige teleurstelling kies, saai die saad vir jou toekoms; die woorde wat uit jou mond kom sal die oes van jou lewe bepaal wat jy uiteindelik óf sal geniet óf verpes. As jy jou mond oopmaak en sê net wat jy wil, stel jy jouself bloot om vernietig te word. Jy het die mag om jou lewe met giftige, ongeduldige en kwaai woorde te vernietig. 

Herinner jouself daagliks in elke spanningsvolle situasie daaraan dat jou woorde die vermoë het om jou toekoms te bepaal. Moenie jou tong toelaat om sommer net enigiets te sê nie, maar laat jou denke duidelike grense stel wat dink soos Christus dink en laat jou hart grense stel wat deur die Woord van God bewaak word. Jou denke voer vir jou mond die woorde wat jy sê en jou hart is die masjien wat jou mond aan die gang kry. 

Jy sal nooit iets sê wat jy nie eers gedink het nie en as jy iets nie voel nie sal jy dit nooit sê nie! Die enigste woordeboek waaruit jy jou woorde moet kry wat jy mag uitspreek, behoort die Bybel te wees!

Persoonlike Toepassing: Indien jou tong buite beheer was — net uit gewoonte of in 'n onlangse spanningsvolle situasie — vra jou hemelse Vader om jou te vergewe volgens die offer wat Jesus namens jou gebring het en vra Hom om jou te help om woorde van genade en lewe te sê, ongeag die omstandighede.

  

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com