Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld
![Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12613%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Om jou tong te kan beheer, is 'n teken van Christelike volwassenheid. Hoe goed jy in beheer van jou tong is, is waarlik 'n lakmoestoets van hoe goed jy jou hart bewaak. Die mees volwasse persoon onder ons is die een wat in totale beheer van sy tong is. Die woorde wat 'n persoon uiter is die maatstaf van die vlak van Christelike volwassenheid: 'n kind-Christen, 'n derderangse Christen, 'n tiener-Christen of 'n volwasse dissipel van Christus.
Wanneer 'n baba leer praat, klink alles wat daardie oulike kind probeer sê, soos 'n gebrabbel. Die woorde wat 'n kleuter gebruik, klink soos niksbeduidende klanke en beteken nie veel vir enige persoon nie, behalwe die baba se ma. 'n Baba sal nooit gevra word om 'n toespraak te lewer by die Verenigde Nasies of 'n nuusleser op TV te wees nie, want hy kan nie behoorlik kommunikeer nie. 'n Kleuter sal ook nie die geleentheid aangebied word om voor duisende te staan en preek nie.
As jy vir groot dinge in God se koninkryk gebruik wil word, moet jy leer om jou tong in toom te hou. Die Here sal vir jou ongelooflike geleenthede gee om Hom te dien, en Hy sal wonderlike deure oopmaak vir diegene wat ten volle onder die beheer van die Heilige Gee is.
Ek wil jou weer herinner dat jou tong omtrent net 56 gram weeg, maar die krag het om jou hele lewe te beheer en geslagte te beïnvloed. As jou tong jou laat struikel, moet jy dit in toom hou. Stel vir jouself gesproke grense en weier om enige negatiewe woord te uiter.
Namate jy net met positiewe woorde en opinies reageer, sal jy 'n positiewe persoon word. As jy besluit om nooit ooit weer jou bekommernisse hardop uit te spreek nie, maar altyd woorde van vertroue en geloof te uiter, sal jy jou persoonlikheid kan verbeter.
Persoonlike Toepassing: Wat dui die woorde wat jy gebruik – en die woorde wat jy kies om nie te sê nie – aan oor jou vlak van volwassenheid in Christus?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12613%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.
More
Verwante Leesplanne
![Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17340%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes
![Maak 'n Kopskuif](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18084%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Maak 'n Kopskuif
![Lewe Veranderd: Geestelike Oorlogvoering](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12693%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lewe Veranderd: Geestelike Oorlogvoering
![Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15075%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen
![Spreek Lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12836%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Spreek Lewe
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Staan weer op](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54211%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Staan weer op
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)