Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 14 VAN 21

Ons as mense het almal die vermoë om iemand anders te aanvaar of te verwerp. Ons toon ons aanvaarding deur middel van ons woorde en dade. Die verlange om aanvaar te word is in der waarheid een van die diepste menslike begeertes. Ons smag daarna om deur God aanvaar te word net soos ons is en ons hoop desperaat dat die Here met genade en ontferming gevul word teenoor ons swakhede en mislukkings. 

Net soos ek verlang dat God my aanvaar en in my slegste oomblikke sy liefdevolle goedhartigheid en genade aan my betoon, net so moet ek myself dikwels daaraan herinner dat ander mense ook verlang om onvoorwaardelik deur my aanvaar te word. Die mense in my gesin, my werkplek en in my vriendekring, begeer ook om aanvaar te word, om vergifnis te ontvang al verdien hulle dit nie en om ontferming en genade te kry. Wat 'n wonderlike geskenk kan aanvaarding nie wees nie! 

Onthou, wanneer ons mekaar aanvaar, bring ons eer aan God die Vader! Ek glo dat God doelbewus lastige en moeilike mense oor ons pad bring, sodat ons "liefdespier" in oefening kan bly. Hy weet dat sommige mense Jesus meer nodig het as ander en daarom vertrou Hy dat jy 'n inspraak sal lewer in hulle ongebalanseerde lewens. 

Aanvaarding is die grondliggende emosie in ons verhouding met Jesus en dit beheer alle verhoudinge met ander mense. Jy moet altyd onthou dat jou liefdevolle aanvaarding van 'n moeilike mens in jou lewe, gepaardgaande met 'n vreugdevolle afwagting, dalk al is wat nodig is om hom of haar na Jesus toe te lei.

Persoonlike Toepassing: Hoe reageer jou siel op lastige en moeilike mense, in vergelyking met hoe jou gees reageer? Op watter manier gaan jy jou gees lei om jou siel onder sulke omstandighede te beheer?

  

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com