Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 13 VAN 21

Onthou jy een geleentheid as kind, toe jy opgewonde was oor die naderende Kersfees? Selfs nou, dekades later, kyk ek terug en word herinner aan hoe moeilik dit vir my was om aan die slaap te raak, terwyl ek oor die lekkerte gedink het wat slegs met 'n Kersfeesoggend gepaard gegaan het. 

Vir baie volwassenes het die jare te vinnig verbygevlieg en dit kan dikwels voorkom of daar al hoe minder afwagting in jou lewe is. Ons kyk nie meer vorentoe nie, ons kyk eerder verlangend terug na wat was. 

Vir 'n Christen is afwagting soveel meer as net 'n emosie; afwagting is die onwankelbare verwagting dat God se goedheid die slot van elke storie sal skryf. Terwyl ons wag en hoop en terwyl ons verwag dat God se goedheid in ons lewens te voorskyn sal kom, sal ons geloof geweldig groei! Terwyl ons wag vir 'n gebed om beantwoord te word of 'n hoop om tasbaar te word, vind ons dikwels dat ons met God worstel "terwyl ons wag". Dis egter die plek waar ons afwagting pragtig verfyn kan word en kragtig herskep kan word. Die vreugde van die wagtydperk is dat ons die krag van die Here ontvang! 

Wanneer jy vashou aan die aard en karakter van God is krag sterker as bekommernis en vreugde verminder vrees. Ware hoop het die kragtige vermoë om vrees uit jou gedagtes en die diepte van jou siel te verdryf. Hoop oorwin wanhoop en verhelder die donker tye van die "wagtydperk". 

God was al in die toekoms en dit is goed, want Hy is goed! Dis tyd dat jy die las van jou verlede neerlê, jou teleurstellings begrawe en nuwe krag kry vir die dae wat voorlê. Dis wat afwagting behels.

Persoonlike Toepassing: Hoe gaan jy afwagting vir God se goedheid en genade in jou lewe aanwakker? 

  

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com