Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld
Dr. Robert Plutchik, die wêreldbekende sielkundige, het hierdie ag basiese menslike emosies geïdentifiseer: vrees, woede, walging, verrassing, vreugde, hartseer, afwagting en aanvaarding. Alhoewel ek nie beweer dat ek 'n kenner van sielkunde of menslike emosies is nie, kan ek jou wel meedeel dat ek nie met hom saamstem dat "vreugde" 'n emosie is nie.
"Gelukkig" is 'n emosie wat ontstaan as gevolg van positiewe menslike ervarings en aardse gebeure, terwyl vreugde slegs vanaf een plek kom — die teenwoordigheid van die Here. Vreugde is 'n Goddelike, kragtige wapen wat die Vader vir ons gegee het. Vreugde begin in die gees en spoel oor in die siel, selfs al ervaar die siel 'n laagtepunt. Vreugde is tot ons beskikking en ons kan dit beleef selfs as omstandighede sleg en vernietigend is.
So dikwels soek ons ons lewe lank op verkeerde plekke na vreugde. Vreugde word net ten volle in een plek gevind. Jy kan vreugde enige plek vind waar God is. Ons weet dat niks ons van die liefde van God, in Jesus Christus kan skei nie (Romeine 8:38-39), en daarom weet ons ook dat niks ons van sy vreugde kan skei nie. God is altyd by jou en jy is vir ewig by Hom! Hy het vir jou die grootste voordeel nagelaat wat vanuit sy teenwoordigheid kom: Hy het vir jou die vreugde van die hemel gebring.
Jesus het jou droefheid en hartseer op Hom geneem sodat jy dit nie langer op jou eie hoef te dra nie. Hy het jou verlos van die slawerny wat droefheid en hartseer in 'n mens se lewe bring. Net soos jou sonde is jou droefheid ook weggeneem. Jesus het jou sonde met sy ewige vergifnis vervang en Hy het jou droefheid met die vreugde van sy ewigdurende teenwoordigheid vervang!
Persoonlike Toepassing: Op watter manier is dit jou keuse om God se vreugde te ervaar? Hoe kan jy vreugde in jou huidige omstandighede kies?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.
More