Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 11 VAN 21

Ons word toegelaat om die emosie van woede te beleef, want dit op sigself is nie 'n sonde nie. God is heeltemal sonder sonde en tog sê die Bybel dat God met woede reageer op sekere situasies of keuses wat mense maak. Hy gee heeltemal anders as ons aan sy woede uiting, al is ons na sy beeld geskape. God se woede is altyd produktief, terwyl ons woede, wat deur die mens se sondige aard beïnvloed word, dikwels vernietigend is.

Christene het ongelukkig toegelaat dat woede 'n "kwaai" woord geword het. Ons glo verkeerdelik dat God brul, goed rondgooi of uit frustrasie op die mense wat Hy geskep het skree as Hy kwaad word. Wanneer God kwaad is, gee Hy nooit vir een van sy kinders 'n koue skouer nie. Hy sit nie op sy troon in die hemel en wonder hoe Hy ons kan laat ly nie. God leun eerder oor die drumpel van die hemel en blaas sy asem in ons rigting. Hy blaas lewe in ons in! God weet dat ons in daardie ongemaklike oomblik meer van Hom nodig het! 

Wanneer jy teenoor iemand ongelukkig voel of deur iemand verraai is, moet jy dalk oorweeg om te doen wat God doen. Dis dalk nodig om Jesus in hulle lewens in te blaas! Jy mag dalk ook oorweeg om die minste te wees voor die een wat die woede in jou veroorsaak het, want dis wat God die Vader namens jou gedoen het. 

Jy moet elke dag doelbewus besluit om nie die persoon te wees wat jy was voor Jesus in jou lewe gekom het nie, maar om die persoon te wees wat Hy jou geskep het om te wees. Wanneer ons woede op 'n menslike manier verwerk, deur dit deel van ons wese te maak en uitdrukking daaraan te gee deur ons siele en nie ons gees nie, skep ons vir die duiwel ruimte in ons lewens. Indien jy egter op dieselfde manier as God daarop reageer, met nederigheid en lewegewende asem, sal die Vader jou verder in sy koninkryk kan gebruik. Gaan dus na die persoon toe wat jou kwaad gemaak het en gee net vir hom Jesus! 

Persoonlike Toepassing: Neem 'n besluit om Skriftuurlike grense vir jou woede te stel en so seker te maak dat dit kortstondig is. Neem elke keer weer hierdie besluit as jy die emosie van woede ervaar.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com