Leesplan inligting

Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 10 VAN 21

Die woord "vrees" verskyn nie minder as 400 keer in die King James weergawe van die Bybel nie. Ek glo 'n mens kan met veiligheid aanneem dat die Skrif iets lewensbelangrik oor hierdie basiese menslike emosie te sê het. Vrees is nie 'n verskuilde onderwerp in die Skrif nie. God behandel dit dikwels en die Heilige Gees gee vir ons 'n gesonde voorskrif hoe om dit te hanteer. 

Een betekenis van vrees is 'n "ontstellende emosie wat deur dreigende gevaar, boosheid of pyn opgewek word, ongeag of die bedreiging werklik of verbeelding is." Die meeste dinge wat ons vrees is maar net die denkbeeldige begrippe van ons oor-aktiewe denke. Ons "dink" dat iets slegs gaan gebeur, dus koester ons 'n gees van vrees. Die stryd begin in ons gedagtes, want 'n emosie is 'n gedagte voordat dit 'n gevoel word. Wanneer jy ook al die emosie van vrees moet hanteer, moet jy onmiddellik na die Woord van God gaan. 

Vrees het 'n verstommende vermoë om 'n florerende gelowige in 'n swakkeling te verander wat nie in staat is om die groter dinge vir God se koninkryk te bereik nie. Die Satan begeer desperaat om jou bang te maak vir die toekoms en poog om jou te oortuig om dinge vanuit sy gemene perspektief te sien. Jy moet jouself egter daaraan herinner dat die Satan die vader van die leuens is! 

Indien vrees jou siel vasgegryp het, sal dit dalk voordelig wees om jouself te herinner dat jy totaal en al, en vir ewig, geliefd is deur die Een wat jou die beste ken! Hardloop in Christus se arms van liefde in wanneer vrees dreig om die mooi prentjie van jou goeie toekoms te bederf. Herinner jouself keer op keer daaraan dat daar niks is wat geskep is of verbeel kan word wat in staat is om sy liefde vir jou te verminder nie, of die vermoë het om jou van sy liefde te verwyder nie. 

Elke persoon in die Bybel wat geroep was om iets groots vir God se koninkryk te doen, het hierdie woorde gehoor: "Moenie bang wees nie!" Ons as mense kom almal in uitdagende omstandighede in ons lewens voor vrees te staan, maar God wil nie hê dat ons op daardie plekke van verlammende angs, vrees of verskrikking moet bly nie. Hy het ons geroep om vrees te oorkom en sy groot liefde vir ons te aanvaar.

Skriflesing: 2 Timoteus 1:7

Romeine 8:38-39

Persoonlike Toepassing: Wanneer vrees in jou hart wil posvat, oordink Skrifgedeeltes soos Romeine 8:38-39

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wa...

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid