Vreemde Koninkryk - Ken CostaVoorbeeld
By die kruis het die mees beslissende gebeurtenis in menslike heugenis plaasgevind. Dit is die swaartepunt van die grootste ommekeer ooit bekend: die plek waar sonde, dood en die magte van hierdie wêreld, eens en vir altyd oorwin is. Daar is niks meer sentraal aan die Christelike lewe as dit nie. Maar ons kan nie hier stop nie. Die kruis van Jesus elimineer nie net die probleme van sonde en dood nie, ook antwoord dit nie slegs die mensdom se hunkering na God nie; dit is ook die profetiese vervulling van die aftel tot ‘n splinternuwe gemeenskap. Hierdie is 'n gemeenskap wat waarlik die kennis van vreugde ken. Nie die neergevalle, grimmige, stroewe Christen van populêre gedagtes nie, dit is die teenoorgestelde. Dit is ‘n gemeenskap bemagtig soos geen ander destyds of sedertdien nie. Ons is hier om die wêreld waarin ons leef te verander, deur onsself te verander.
Alle Christene het ‘n mandaat om te vervul en die krag om dit te bereik. Om dit te mis sal ‘n minderwaardige beeld wees van wat by die kruisiging gebeur het. Deur die kruis betree ons dag een van ‘n nuwe tydperk in die geskiedenis. Die inhuldiging van ‘n nuwe dag word gevolg en vervul deur die opstanding en die itstorting van die Heilige Gees met Pinkster. Hierdie drie gebeurtenisse – die kruis, die opstanding en die uitstorting van die Heilige Gees – begin en bekragtig ons agenda vir verandering in die wêreld.
Die profesie van die Ou Testament is vervul en die vervulling daarvan lei tot ons vervulling as doelgerigte mense, vrygelaat in die wêreld, deur God.
Ons moet in die wêreld wees om dit te verander om meer in lyn te wees met die goeie nuus van Jesus. Maar ons is nie van hierdie wêreld nie. Vir die kruis om 'n triomf te wees, moet dit vir ons die krag gee om die uitdagings en druk van die lewe se gevegte te konfronteer en om op ‘n dieper vlak die natuur van hierdie gevegte te verstaan. Die kruis, opstanding, en die uitstorting van die Heilige Gees is die enjin wat ons benodig om vrygelaat te word in vervulde lewens van opoffering, diens, liefde en doel – om agente van verandering in die wêreld te wees. Maar eers is dit miskien die oomblik om God te vra om die verandering in jou te bewerkstellig wat jou in staat sal stel om die verandering te wees waarvoor jy bid.
Gebed:
Die kruis staan bo alles uit. Here, vandag wil ek geheroriënteer word. Ek staan, saam met almal wat U volg, aan die voet van die kruis en ek laat toe dat die krag daarvan diep en wyd reik na elke hoek van my lewe, sodat ek weg georiënteer kan word van die self en uitreik met krag, 'n doel, liefde en genade waar ook al U my roep. Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Kom saam met ons op `n reis na waar ons die betekenis van die kruis ondersoek en die onderstebo wêreld waarheen dit ons heen uitnooi in hierdie reeks van oordenkings en meditasies. My gebed is dat die legkaart m.b.t. die krag van die kruis jou sal intrek in `n nader verhouding met die opgestane Jesus. Lees meer in Vreemde Koninkryk en vind die geassosieerde speellyste op Spotify .
More
Ons dank God by die werk - Ken Costa (Alpha) vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.godatwork.org.uk