Vreemde Koninkryk - Ken CostaVoorbeeld

Vreemde Koninkryk - Ken Costa

DAG 1 VAN 7


Dwaasheid 

Toe Dietrich Bonhoeffer oor die betekenis van die kruis besin het, het hy die volgende gevolgrekking gemaak: “A king who dies on the cross must be the king of a rather strange kingdom.” Alles omtrent Jesus se lewe was die teenoorgestelde van die koninkryk wat sy tydgenote verwag het in die tydperk toe Rome die ryk gevestig het. Miskien, juis daarom, is dit nie so ongewoon dat die natuur van sy koninkryk gesien word as “vreemd” in vergelyking met die hedendaagse begrip nie. Nog makliker om te verwerp., veral ‘n koninkryk waar die koning gesneuwel het in ‘n oënskynlike sinnelose swakheid.

Brennan Manning het dit so gestel: “Jesus het ons wêreld as die musiekmaker binnegekom, maar die wêreld was omgekrap deur sy lied…” Het die spykers die musiek stil gemaak? Kan dit wees dat, in daardie spykers, God vermag het om sy nuwe skepping en plan vir die wêreld in werking te stel? Kan dit wees dat, in daardie spykers, ‘n nuwe soort musiek gehoor kon word?

Enigiemand wat na die kruis kyk as ‘n enkele beeldraam op die skerm van hul gedagtes, sal dink dat God nie ‘n liefdevolle en magtige God is nie, maar brutaal en gevoelloos. Wanneer ons egter die kruis sien as deel van die hele verhaal, sal ons dit sien as ‘n glinsterende teël in die Goddelike mosaïek wat die verhaal van God is. Daardie glinsterende teël onthul aan ons dat God nie vir ons wag aan die anderkant van lyding nie. Hy verstaan die betekenis daarvan en ontmoet ons in die middel van ons lyding. Ons mag dalk nooit weet hoekom God lyding toelaat nie, maar ons weet dat God sy eie hart toelaat om te breek terwyl ons ly. Vir dié wat wel glo, dié wat hierdie "dwaasheid" aanvaar, open Jesus ‘n nuwe realiteit wat die armoede van ons natuur transformeer deur die rykdom van sy genade.  Dit is in hierdie vreemde koninkryk wat ons die genade vind wat sy arm neerlê op ‘n houtbalk en nooit ophou om ons te probeer bereik om die ewige lewe vir ons te bring nie.

Ons geloof en ons roeping berus nie in menslike wysheid nie, maar in die krag van God. Dit beteken ons moet daagliks bid vir hierdie koninkryk om op aarde te kom, net soos wat dit in die hemel is. Dit is ‘n uitnodiging aan ons om ons kruis op te neem, die oënskynlike dwaasheid daarvan en die spot wat mag kom as gevolg daarvan, en die wêreld se dwaasheid aangaande mag, te konfronteer met die feit dat daar ‘n ander manier is om mag uit te oefen. Gedefinieer en gekarakteriseer deur liefde.

Gebed:
Here, dankie dat daar nêrens en niemand is wat buite bereik van u liefde is nie. Ek vra dat U my asseblief sal bemagtig om die wysheid van die wêreld teen te staan en vir U en ander te leef, volgens die dwaasheid van die kruis. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vreemde Koninkryk - Ken Costa

Kom saam met ons op `n reis na waar ons die betekenis van die kruis ondersoek en die onderstebo wêreld waarheen dit ons heen uitnooi in hierdie reeks van oordenkings en meditasies.  My gebed is dat die legkaart m.b.t. die krag van die kruis jou sal intrek in `n nader verhouding met die opgestane Jesus. Lees meer in Vreemde Koninkryk en vind die geassosieerde speellyste op Spotify .

More

Ons dank God by die werk - Ken Costa (Alpha) vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.godatwork.org.uk