Vreemde Koninkryk - Ken CostaVoorbeeld

Vreemde Koninkryk - Ken Costa

DAG 4 VAN 7


Vergifnis 

Jesus is vir dertig stukke silwer deur een van sy eie dissipels verraai. Hy is gearresteer, ondervra, en verhoor deur die Joodse regeringsraad van sy dag, met valse getuienis teen Hom . Petrus, wat een van sy mees uitgesproke ondersteuners was, het Hom verloën, en Pontius Pilatus en Herodus Antipas het sy motiewe en egtheid bevraagteken. Hy is erg geslaan, vloekend uitgedaag en met vermaaklikheid rondgeparadeer: ‘n valse koning met ‘n kroon van dorings op sy kop. Nie net dit nie, maar Hy is geforseer om die einste instrument van sy eie doodsvonnis op sy rug rond te dra. As ons onsself in Jesus se posisie indink, toekyk op die skare wie se planne en strategieë ons daar geplaas het, wat sal ons eerste woorde wees? Sal dit woorde wees van guns en genade?

Die woorde wat oor Jesus se droë lippe gekom het was: “Vader, vergeef hulle.” In stede daarvan om God te vra om sy moordenaars te gee wat hulle toekom, het Jesus hom gevra om hulle volkome te vergewe. Jesus het ingetree vir die mense wat Hom gemartel het en by Golgota gemodelleer wat Hy oor en oor tydens sy aardse bediening gedeel het: “Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir die wat vir julle vervolg,” (Matt. 5:44)  Dit is wat Hy nog steeds doen, meer as twee duisend jaar later. Vanaf die troonkamer van die hemel is Jesus nie besig om ons aan te kla nie, maar staan as ons advokaat in en tree namens ons in.

“Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Luk 23:43). Sy laaste woorde was ‘n gebed. Hy kon gebid het, “Vader, vergewe hulle sondes”.  Hy het immers vir ander hul sondes vergewe. Indien Hy egter bedoel het “Vader, vergewe hulle sondes,” sou Hy dit so gebid het. In stede daarvan, blyk die bedoeling anders te wees, sagter. Jesus het raakgesien dat hulle onkundig was. By die kruis is daar die vreemdste en mooiste ontmoeting – ‘n eens-vir-almal-ontmoeting van die mensdom op sy slegste en God op sy beste. Vader, vergeef hulle – hulle doen die beste met dit wat hulle weet.  Deur onsself binne die liefdevolle guns van hierdie woorde te plaas, word ons vrygelaat met die mees buitengewone genade. Nou is ‘n wonderlike oomblik om God te vra om enigiets leliks na die oppervlak te bring waarvan jy bevry wil word: mislukkings, tekortkominge, slegte houdings, opgemorste verhoudings – en in belydenis en dankbaarheid, Jesus te vra om dit om te ruil vir sy geregtigheid.

Gebed:
Here, hoe kan ek dankie sê vir wat U aan die kruis vir my gedoen het? Dankie dat U my sondes geruil het vir verlossing en my betekenisloosheid vir ‘n doel. Gee my 'n nederige hart sodat ek u vergifinis kan ontvang en 'n dankbare hart om te weet dat ek nou – vandag – in u geregtigheid geklee is. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Vreemde Koninkryk - Ken Costa

Kom saam met ons op `n reis na waar ons die betekenis van die kruis ondersoek en die onderstebo wêreld waarheen dit ons heen uitnooi in hierdie reeks van oordenkings en meditasies.  My gebed is dat die legkaart m.b.t. die krag van die kruis jou sal intrek in `n nader verhouding met die opgestane Jesus. Lees meer in Vreemde Koninkryk en vind die geassosieerde speellyste op Spotify .

More

Ons dank God by die werk - Ken Costa (Alpha) vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.godatwork.org.uk