Vreemde Koninkryk - Ken CostaVoorbeeld
"Dit is volbring!” sê Jesus. Hy sê dit is afgehandel. Dit is gedoen. Dit gaan nie oor jou wat goed is nie. Dit gaan oor God wat goed is. Sy liefde sal altyd ons liefde oorskry. Ons is verseker, bo enige twyfel en vir alle tye. Watter krag is in daardie drie eenvoudige woorde: “Dit is volbring”?
Vir my is hierdie so ‘n verligting! Soos wat ek dink aan al die kompeterende eise vir my tyd en aandag, al my gemengde motiverings, my drome en begeertes, as ek Jesus gehoor sê het: “Maak jouself waardig van my opoffering; verdien dit”, sal dit my stadig vernietig. Ek sal stoei onder die gewig daarvan. Maar wanneer ek wakker word en daagliks tyd spandeer in sy teenwoordigheid en Hom aan die kruis hoor sê, “Dit is volbring,” dan bevry dit my daarvan om te probeer om heeltyd sy goedkeuring te verdien, sy liefde te probeer verdien, en derhalwe kan ek met dankbaarheid reageer, want sy liefde is die grootste motivering wat ek my ooit kan voorstel.
Of miskien het jy tot ‘n punt in jou lewe gekom waar jy voel dit is klaar, of selfs dat JY klaar is. Die einde van ‘n verhouding, die einde van 'n werk of 'n loopbaan, die einde van ‘n fase of 'n stadium of 'n seisoen in jou lewe – niks hiervan is die einde van jou nie. Daardie gedeelte van die proses en van jou lewe mag dalk verby wees, maar dit beteken nie jy is klaar of dis verby nie.
Ons moet onsself herinner dat die kruis alreeds die uiteinde van die kragte van onheil bepaal het. Ons mag dit dalk nie dadelik raaksien nie, maar uiteindelik sal die goeie triomfeer. Stuk-vir-stuk, in ‘n magdom individuele stryde teen moeilike omstandighede, sal die regte kant wen. Die finale oorwinning mag arriveer op die rug van ‘n ontelbare hoeveelheid klein gevegte wat dag-tot-dag gestry is, deur hulle wat vertrou in die bloed van Jesus Christus, soos wat hulle werk om die koninkryk van Christus te sien kom in hul eie lewens en in die lewens van die mense wat hulle ontmoet.
Laat die woorde dit is volbring jul gedagtes en harte vul soos wat ons ons gevegte in die gesig staar. Hou vas, want of dit nou in hierdie lewe of in die hiernamaals gaan wees, die dagbreek van die Opstandingsdag sal kom. Dit is volbring. Dit is klaar. Dit is tyd om van gedeeltelik lewe na voluit lewe te gaan. In Hom. Met Hom. Vir Hom. Hou styf vas. Vertrou God. Wees hoopvol.
Gebed:
Here, dankie dat ons niks hoef te verdien nie. Dankie dat wat U gedoen het, volledig is. Dankie dat U vir ons deur die kruis ‘n brug tot ‘n nuwe lewe aanbied – ‘n lewe in al sy volheid. Ek is gereed daarvoor. Dankie dat U altyd gereed is vir my. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Kom saam met ons op `n reis na waar ons die betekenis van die kruis ondersoek en die onderstebo wêreld waarheen dit ons heen uitnooi in hierdie reeks van oordenkings en meditasies. My gebed is dat die legkaart m.b.t. die krag van die kruis jou sal intrek in `n nader verhouding met die opgestane Jesus. Lees meer in Vreemde Koninkryk en vind die geassosieerde speellyste op Spotify .
More
Ons dank God by die werk - Ken Costa (Alpha) vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.godatwork.org.uk