Vreemde Koninkryk - Ken CostaVoorbeeld
Josef het uit sy eie uit vir Jesus se liggaam gevra. Die versoek was nie op hom afgedwing nie, hy het nie die kortste lootjie getrek nie. Hy het hierdie las self gedra, n.a.v. sy eie besluit en inspirasie. Was dit omdat hy Jesus wou eer, selfs in sy dood? Om Hom te volg tot op die laaste oomblik? Ek glo hierdie is so ‘n diepgaande en belangrike punt waaroor besin moet word. Wanneer ons besluit op ‘n lewe om Jesus te volg, moet ons aanvaar dat ons die glorie van die opstanding sal beleef, sowel as die las van die kruisiging. Maar vir ons almal is daar Saterdae wanneer al wat ons het die gewig en die las is van Jesus se liggaam wat op ons eie skouers druk. Soos Josef van Arimatea, dra ons die dooie gewig van Christus. In hierdie geval was dit letterlik, maar wanneer ons besluit om Jesus te volg, moet ons die glorie sowel as die kruisiging aanvaar. In ons geval dra ons die gewig van Jesus se liggaam binne ons eie wese. Soms dra ons die stilte van God in ons tye van stres in ons lewens en verhoudings. Ons smag om God se stem te hoor en sy lig te sien, maar sy afwesigheid voel soos ‘n dooie gewig wat neerdruk op ons siele in die skadu’s. Josef van Arimatea het die liggaam van Christus gedra, tesame met die gepaardgaande stilte, selfs al het hy nie geweet Opstandingsondag was net om die draai nie.
Ons dra Christus in ons harte en soms is die gewig van die las so hewig, dat ons verlate, afgemat en hopeloos voel. Hierdie is die “tussen-in” Saterdag deel van ons geloof. Ons moet erken dat geloof nie net Goeie Vrydag en Paassondag is nie, geloof is die stilte van die Saterdag ook. In sy boek A Glorious Dark, het Dr. A. Swoboda so geskryf: “Soveel sit binne-in daardie graf met die amper opgestane Heer. Dit is so donker. So koud. So skrikwekkend. Die stilte is oorverdowend. Maar daar is hoop daar binne. “Immanuel, God met ons” is sowel waar in die donkerte van die graf as wat dit is wanneer die son opkom en die klip weggerol word. Jesus het alleen en vergete sy graf binnegegaan, maar Hy het nie daar gebly nie. Jesus verwelkom ons in die hoop dat Sondag wel kom, dat Hy wel kom. En dit verander alles.
Gebed:
Here, op my stille Saterdae, vandag of wanneer dit ook al aanbreek, kies ek om nie te skuif nie. Ek kies om saam met Maria Magdalena te sê dat U steeds my Here is. En ek vertrou dat na elke Saterdag daar ook weer ‘n Sondag kom, na die kruisiging is opstanding, en na dood is daar lewe. Kom, Here Jesus. Amen
Aangaande hierdie leesplan
Kom saam met ons op `n reis na waar ons die betekenis van die kruis ondersoek en die onderstebo wêreld waarheen dit ons heen uitnooi in hierdie reeks van oordenkings en meditasies. My gebed is dat die legkaart m.b.t. die krag van die kruis jou sal intrek in `n nader verhouding met die opgestane Jesus. Lees meer in Vreemde Koninkryk en vind die geassosieerde speellyste op Spotify .
More
Ons dank God by die werk - Ken Costa (Alpha) vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.godatwork.org.uk