Vreemde Koninkryk - Ken CostaVoorbeeld
“My God, my God, waarom het U my verlaat?” Ons hoor die marteling in sy uitroep. Jesus is, vir die eerste keer, geskei van God. Maar steeds sê hy: “My God.” Ons almal ken tye van donkerte, alhoewel dit vir sommige van ons donkerder is as vir ander. Verlatenheid, eensaamheid, vrees, hartseer, verwerping en pyn. En in antwoord, met tye, slegs Goddelike stilte. Net soos Jesus. Miskien is al wat ons saam met hom kan hanteer, “My God, my God, my God.” Dieselfde Heilige Gees wat die liefdevolle verhouding tussen die Vader en die Seun gevorm het in die waters van die Jordaanrivier, is teenwoordig in die tuin van Getsémane en selfs in daardie oomblik van pyn en verlatenheid aan die kruis. Hoe donker dinge ook al is, kan ons steeds uitroep: “Kom, Heilige Gees!”
Die gordyn was in twee geskeur. Daar is nou geen versperring tussen ons en God nie. Almal van ons kan in sy teenwoordigheid inkom. Dis jy. En ek. En nou. En altyd. Al wat ons moet doen is om 'n tree vorentoe te gee.
Die verlatenheid van Christus het die belofte geword van God se ewige teenwoordigheid. Hy is met ons. So is dit dan dat ons die misterie omarm, die paradoks by die hart van die kruis: dat in Christus se ervaring om God-verlate te wees, ons kan weet dat ons nooit lyding alleen hoef deur te maak nie. As jy deur ‘n periode van donkerte gaan en dit voel asof God jou verlaat het, moenie dat dit jou tot wanhoop dryf nie. God is met jou deur egskeiding, droefheid, teleurstelling, vrees en skuld en skaamte. Hy is met jou deur die diepste wanhoop en die mees ongenaakbare verloëning. Laat ek jou bemoedig met die beloftes van die Woord: as God jou los om deur die vallei te gaan en jy is in ‘n tyd van groot toetsing waar jy geskei voel van Hom, kan jy absoluut seker wees dat selfs hierdie skeiding nie God se groter plan en storie omver kan werp nie.
Jesus belowe: “Ek sal jou nooit verlaat nie, nooit in die steek laat nie.” (Heb 13:5) Daarom, een ding is sonder twyfel waar: as jy geïsoleerd, alleen en verworpe voel, sal daar ‘n tyd kom wanneer God Homself weer aan jou sal openbaar. Wanneer dit gebeur, sal jy meer volwasse in jou geloof daaruit kom en met ‘n baie sterker wete van wie God is en hoeveel Yy regtig vir jou omgee.
Gebed:
Here, ons weet dat U vir ons gely het, U het net soos ons lyding beleef en ons weet U ly saam met ons. Ons weet ook, in u tyd van verlatenheid was ons belofte van u teenwoordigheid. En ons dank U, ons bid vir ‘n toenemende bewuswording van U wat met ons is. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Kom saam met ons op `n reis na waar ons die betekenis van die kruis ondersoek en die onderstebo wêreld waarheen dit ons heen uitnooi in hierdie reeks van oordenkings en meditasies. My gebed is dat die legkaart m.b.t. die krag van die kruis jou sal intrek in `n nader verhouding met die opgestane Jesus. Lees meer in Vreemde Koninkryk en vind die geassosieerde speellyste op Spotify .
More
Ons dank God by die werk - Ken Costa (Alpha) vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.godatwork.org.uk