Hoop IsVoorbeeld

Hope Is

DAG 7 VAN 14

Hoop Word Altyd Deur God Vervul

Lukas vertel ons van 'n man genaamd Simeon, wat 'n belofte van God gekry het. God het vir Simeon belowe dat hy Israel se bevryder sou ontmoet voordat hy sterf. Die mense van Israel het honderde jare gewag vir hul redder, die Messias. Toe het die Heilige Gees eendag vir Simeon gedring om na die tempel toe te gaan. Simeon het gehoorsaam en die baba Jesus daardie dag ontmoet.

Soos vir Simeon, gee God soms vir ons beloftes wat eie aan ons verhaal is. Miskien het God jou die behoefte na kinders gegee en vier jaar later het daar nog niks gebeur nie. Miskien het God met jou gepraat oor daardie familielid wat 'n verhouding met Jesus nodig het, maar honderde uitnodigings en gesprekke later, is daardie persoon so ver van God af as kan kom. Miskien bid jy al jare vir geliefdes wat seer het, met geen antwoorde nie.

Numeri 23:19 herinner ons: "God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?"

Om te wag om Jesus te ontmoet, was nie maklik vir Simeon nie, net soos dit nie vir ons maklik is om te wag vir beloftes om vervul te word nie. Ongeag wát Simeon moes deurgaan terwyl hy gewag het, kon hy hoop vind in die wete dat God nog nie klaar was nie. God sál sy beloftes vervul en Hy maak altyd klaar waarmee Hy begin. As dinge dus nie in plek is nie — as God se beloftes nog nie vervul is nie — dan is God nog nie klaar nie.

Bid:

God, baie dankie dat U u belofte nagekom het om die wêreld te red, deur vir Jesus te stuur. U het bewys dat ek U kan glo. Wanneer ek in die versoeking is om te twyfel aan u beloftes, help my om te onthou dat hoop altyd deur U vervul word.

Oordink:

Wanneer laas het jy gesien dat God 'n belofte aan jou vervul?
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is

Ons wil almal glo dat iets beter voorlê. En God weet ons het meer as bloot geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het, is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag van hoop te ontdek, asook hoe dit ons siening van alles in ons lewens verander.

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc