Hoop IsVoorbeeld
Hoop Is Wat Ons Almal Verbind
Wat verenig ons? Gesinne is verenig deur bloed. Vriende is dikwels verenig deur gedeelde belangstellings en ondervindings. Medewerkers is verenig deur 'n gesamentlike doelwit.
Die kerk is verenig deur 'n gedeelde hoop. Efesiërs 4 sê: "Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. Daar is net één Here, één geloof, één doop, één God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon" (Efesiërs 4: 4-6). Ons is geroep tot een hoop; die hoop wat net gevind word as ons Jesus vertrou vir die vergifnis van sonde.
Regoor die wêreld is Christene verenig deur geloof in Jesus en die hoop van sy wederkoms. Jesus het sy dissipels opdrag gegee om "uit te gaan en dissipels te maak van al die nasies …" (Matteus 28:19) en vir die laaste 2000 jaar is die hoop wat in Jesus gevind word, regoor die wêreld versprei. Die wêreld is vir ewig verander. Van Afrika tot Australië tot Europa en van Asië tot die Amerikas, vergader die volgelinge van Jesus onder die vaandel van hoop.
Soos ons saamkom in gemeenskap en hoop van ander ontvang, groei ons sterker in Christus as individue én as 'n wêreldwye kerk. Jesus is die hoop vir die wêreld en Hy wil hê dat ons daardie hoop deur die kerk met almal moet deel.
Ons is nie geskep om alleen te lewe nie. Ons vind ons doel en missie deur die plaaslike kerk. Hoop bind ons almal saam as volgelinge van Christus. Kom ons verenig vandag as een kerk regoor die wêreld, en vier die hoop wat net in Jesus gevind word.
Bid:
Jesus, dankie dat ek nie alleen deur die lewe hoef te gaan nie. Ek bid dat, wanneer ek ook al eensaam of vergete voel, ek die hoop sal onthou wat ek in die gemeenskap van mense óm my het.
Oordink:
Vra vir God om aan te hou om die kerk toe te laat om sy hoop met die wêreld te deel. Watter rol sal jy hierin speel? Is daar enigiemand wat jy kerk toe moet nooi of moet jy meer betrokke raak by die kerk? Vra vir God om aan jou die volgende stap te wys.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons wil almal glo dat iets beter voorlê. En God weet ons het meer as bloot geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het, is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag van hoop te ontdek, asook hoe dit ons siening van alles in ons lewens verander.
More
Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc