Hoop IsVoorbeeld

Hope Is

DAG 9 VAN 14

Hoop Word Ontvang

Ons wêreld leer ons dat, as ons die regte dinge doen, sal ons suksesvol wees. As ons ywerig studeer in ons jonger jare, kan ons die werk kry wat ons altyd wou gehad het. As ons meer projekte by die werk aanpak, kan ons die bevordering kry. As ons ons kinders reg leer, sal hulle hulle goed gedra. As ons tyd aan ons huwelik bestee, sal ons beter toegerus wees om konflik te hanteer. Maar wanneer hierdie formules nie in elke situasie werk nie, raak ons moedeloos.

Ons het gedink ons kan 'n blinker toekoms verdien, maar realiteit laat ons dikwels sonder hoop.

In die Psalms leer Dawid ons dat hoop nie iets is wat ons op ons eie kan bekom nie. God is die gewer van hoop. Paulus, 'n leier in die vroeë kerk, skryf aan die mense van Efese: "Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie" (Efesiërs 2:8-9).

Omdat Jesus aan ons redding gee, ontvang ons ons hoop van Hom. Wanneer ons ons lewens vir God gee, plaas Hy hoop in ons harte.

Daar is geen towerformule wat ons outomaties met hoop vul nie. 'n Geskenk is nie iets wat verdien word nie; dit word vrylik gegee. Dieselfde is waar van die geskenk van hoop wat Jesus ons aanbied. Ons moet dit net ontvang. Daar is niks wat ons kan doen wat sy onverdeelde liefde vir ons kan blus nie.


Bid:

Jesus, baie dankie dat U vir ons nie net redding gee nie, maar ook hoop. Help my om na my huidige omstandighede te kyk met hoop, omdat U by my is.

Oordink:

Wie in jou lewe het hoop nodig? Bid vir daardie persoon.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is

Ons wil almal glo dat iets beter voorlê. En God weet ons het meer as bloot geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het, is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag van hoop te ontdek, asook hoe dit ons siening van alles in ons lewens verander.

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc