Hoop IsVoorbeeld

Hoop Is Om God Te Vertrou Met Ons Toekoms
Ons het al almal na 'n wedstryd gekyk waar die uitkoms onafwendbaar lyk. Een span verloor so ver dat dit 'n wonderwerk sou kos vir hulle om te wen. Maar skielik gebeur iets wat die wedstryd verander: die spel wat niemand verwag het nie, draai die verloop van die wedstryd en gee die verloorspan 'n nuwe gevoel van hoop.
Daardie een spel in daardie een wedstryd gee ons nie net hoop vir daardie dag nie, dit verander ons houding teenoor elke wedstryd daarna. Die volgende keer wanneer ons span sukkel om voor te kom in die wedstryd, onthou ons daardie wedstrydveranderende oomblik en herinner onsself dat daar nog hoop is.
Vir Christene is redding die ding wat die wedstryd verander. Dit maak nie saak wat met ons gebeur nie, ons kan terugkyk na daardie oomblik toe ons Jesus in ons lewens ingenooi het en hoop vind in die feit dat Hy ons tóé gered het, en dat Hy dit weer sal doen.
Geen situasie is te moeilik vir God om te hanteer nie. Daar is niks wat ons verkeerd gedoen het wat Hy nie kan regmaak nie. Wanneer ons God se getrouheid in die verlede onthou, kan ons verseker wees van sy voorsiening in die toekoms.
Soos die skrywer van Klaagliedere kan ons terugkyk na alles wat God al in die verlede vir ons gedoen het en hoop hê dat God ons nie nou sal los nie: "deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut" (Klaagliedere 3:22-23a).
Bid:
Jesus, baie dankie dat U doen wat U belowe het. Omdat U in die verlede getrou was, kan ek U vertrou met my toekoms.
Oordink:
Hoe was God al getrou in jou verlede?
Watter beloftes verwag jy dat God in die toekoms sal vervul?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons wil almal glo dat iets beter voorlê. En God weet ons het meer as bloot geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het, is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag van hoop te ontdek, asook hoe dit ons siening van alles in ons lewens verander.
More
Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc