Hoop IsVoorbeeld

Hope Is

DAG 6 VAN 14

Hoop Is Aansteeklik

Wanneer laas was jy oor iets opgewonde? Het jy iemand daarvan vertel? Wanneer ons goeie nuus of iets goeds hoor wat ons harte opgewonde maak, moet ons dit net deel.

In Lukas 2:8-20 sien ons dit was ook waar van die skaapwagters in Betlehem. Hulle is gereken as die laagstes van die laes in hul gemeenskap en het hulle dae tussen diere deurgebring. Wat so wonderlik is van Jesus se geboorte, is dat God gekies het om die geboorte van sy Seun eerste met hierdie nederige skaapwagters te deel! Wat nog wonderliker is, is hierdie skaapwagters se reaksie. Hulle móés net die goeie nuus deel wat hulle gehoor het. Hulle móés praat oor hierdie wonderlike hoop wat nou vir die wêreld beskikbaar was!

Hoop is aansteeklik. Wanneer groot dinge aan ons belowe word, word ons vervul met verwagting dat iets ongeloofliks gaan gebeur. Ware hoop kan nie gestuit word nie en dit kan nie binne gehou word nie.

Jesus het aarde toe gekom om die dood te oorwin en ons toe te laat om weer 'n verhouding met God te hê. Jesus gee ons hoop. Hierdie goeie nuus kan ons nie vir onsself hou nie. In ons skole, in ons werkplekke en in ons vriendekringe — is daar mense wat seer het en hoop desperaat nodig het. Net soos die herders, kan ons ons hoop met ander deel oor wat Jesus vir ons gedoen het.

Bid:

Jesus, baie dankie dat U u goeie nuus met die wêreld en met my deel. U liefde is waarlik iets wat die moeite werd is om te deel. Help my om uitgelate te wees oor u goeie nuus en dit te deel met daardie mense wat vandag hoop nodig het.

Oordink:

Is daar een persoon in jou lewe wat vandag hoop nodig het? Skryf daardie persoon se naam neer en nooi hom of haar na jou kerk se Kersfeesdiens uit.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is

Ons wil almal glo dat iets beter voorlê. En God weet ons het meer as bloot geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het, is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag van hoop te ontdek, asook hoe dit ons siening van alles in ons lewens verander.

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc