Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 5 VAN 41

Lees: Lukas 12:22-26, Johannes 16:33

SOAP: Lukas 12:22

Deel van die menslike aard is dat ons ‘n behoefte het om in beheer van ons lewens en omstandighede te wees. Ons rol rond in die bed en verloor slaap wanneer die lewe nie verloop soos ons dink dit moet nie. Jesus herinner sy dissipels in Lukas 12 dat God nie wil hê dat ons angstig oor die toekoms moet wees nie.

'n Ryk jong man het besluit dat hy nie gereed was om sy rykdom prys te gee om Jesus te volg nie. In reaksie hierop herinner Jesus sy dissipels dat die lewe oor meer gaan as om seker te maak dat jy gemaklik is in die hier en nou. Hy leer hulle dat hulle meer waardevol is as enige van God se skeppings. Hierdie waarheid moet hulle laat besef dat die hemelse Vader altyd in hulle behoeftes sal voorsien, daarom het vrees geen plek in die lewe van die gelowige nie.

God verlang dat ons sal besef hoeveel Hy vir ons omgee. Omdat Hy ons liewer het as enigiets anders, kan ons Hom vertrou om in alles vir ons te voorsien. Ons hoef nie ons toekoms te beplan nie, God het dit reeds vir ons gedoen.

Watter area van jou lewe weier ​​jy om in God se hande oor te gee en Hom daarmee te vertrou? Hy wil vir jou sorg. Wanneer ons eerder na Hom kyk as na ander moontlike uitkomste, word die pad skielik helderder. Hoe kan jy Hom vandag vertrou eerder as om bekommerd te wees oor die toekoms?

Hemelse Vader, dankie vir u goedheid. Dankie dat U my so lief het dat U reeds ‘n plan vir my lewe het. Help my om op U te vertrou, om my eie begeertes opsy te skuif en op U en u koninkryk te fokus. Bou my geloof sodat ek meer na U sal soek. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com