Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Lees: Jesaja 41:10, Psalms 68:6
SOAP: Jesaja 41:10
Daar is 'n rede waarom eensame afsondering een van die meer ernstige strawwe in die strafstelsel is. Die meeste mense hou nie daarvan om vir 'n lang tyd alleen te wees nie. Eensaamheid kan gedefinieer word as "hartseer weens die gebrek aan vriende of metgeselle". 'n Verskynsel wat as "vrees om uit te mis” bekend staan.
Hierdie vrees vir eensaamheid kan ons dryf na sosiale media, of dit kan ons minderwaardig laat voel omdat ons nie kan tred hou met wat ons dink "almal" doen nie. Ons moet besef dat ons, as gelowiges, geen rede het om eensaam te voel nie, want ons het altyd toegang tot ons hemelse Vader. Ons hoef nooit versaking of verwerping te vrees nie. God is daar om die leemtes te vul in die lewens van wese en weduwees. Hy genees die gebrokenes van hart.
Is daar eensaamheid in jou lewe wat jy al probeer vul het? God wil jou versterk met sy liefdevolle arms. Dit vereis egter van ons om met ons gevoelens, bekommernisse en laste na Hom toe te kom. Wat het jy gebruik om 'n verlange te bevredig wat net God kan vul? Probeer om hierdie area van jou lewe in die Here se hande te plaas en kyk hoe Hy hierdie leemte in vreugde verander.
Hemelse Vader, dankie dat U my liefhet in die goeie tye en in die moeilike tye. Ek loof U vir u teenwoordigheid. Ek bid dat U my vandag sal help om u teenwoordigheid aan te voel. Gee my geloof om te vertrou dat U by my is, selfs wanneer ek U nie kan ervaar nie. Vergewe my vir die tye wanneer ek na ander dinge kyk om die leemte in my te vul. Dankie vir U vergifnis. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |