Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 3 VAN 41

Lees: Spreuke 29:25, Jesaja 51:7

SOAP: Spreuke 29:25

Om 'n lewe vry van angs te leef, vereis dat ons onsself vryspreek van die vrees vir die reaksie van ander. Die Skrif herinner ons dat ons nie die haat van ander moet vrees nie, maar eerder ons vertroue in God moet stel. Voordat Jesus sy kruis opgeneem het, het Hy aan sy dissipels gesê dat hulle vervolging sal ondergaan as gevolg van hulle geloof in Hom. Tog het Hy hulle gevra om nie moed op te gee nie.

Die profeet Jesaja gee vandag woorde van hoop wat ons as gelowiges saam met ons kan dra (Jesaja 51:7-8). Deur God se Woord en die inwoning van die Heilige Gees weet ons hoe God wil hê ons moet lewe. Ons moet die moed hê om vas te staan in ons geloof, ongeag hoe ander reageer. Die Here is ons verlossing, en Hy sal altyd by ons wees.

In watter area van jou lewe probeer jy om mense eerder as God te behaag? Dit is makliker om saam met die stroom te beweeg as om op te staan ​​vir wat reg is. Wat ons troos op hierdie reis is, is die wete dat ons op die Here kan vertrou vir ons veiligheid. Waar voel jy dat God wil hê jy vir Hom in die skare moet opstaan?

Hemelse Vader, dankie dat U ons so lief het dat U begeer dat ons volgens u standaard moet lewe. Ek prys U vir u heiligheid. Here, vermeerder asseblief my geloof terwyl ek probeer op U plan vir my lewe om te vertrou eerder as om na ander te kyk vir vervulling. Wys my die areas in my lewe waarin U wil hê ek meer op U moet fokus. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com