Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Lees: Jesaja 54:17, 1 Petrus 5:8-9, Johannes 10:10
SOAP: Jesaja 54:17
Wanneer ons vrees en angs ervaar, voel ons liggaam en siel asof hulle in oorlog betrokke is. Ons vergeet soms dat daar 'n stryd is wat dieper as die vlees woed. As gelowiges voer ons ‘n stryd teen die sielevyand wat alles in sy vermoë doen om ons te vernietig. Die teëstander lê nie en wag op sy prooi nie, inteendeel, hy maak jag op ons soos ‘n honger roofdier wat net wil verslind. Om bekommerd te voel, is dus natuurlik.
Alhoewel ons 'n vyand het wat daarop uit is om ons leed aan te doen, hoef ons nie te vrees nie. Jesus waarsku sy dissipels teen die duiwel, maar Hy sê ook vir hulle dat daar 'n oplossing is: Hyself. Jesus het gekom sodat ons nie net die aanvalle van die Satan kan oorleef nie. Hy het geleef, gesterf en weer opgestaan sodat ons die lewe in oorvloed kan ervaar.
Ons kan die lewe ervaar deur Jesus te ken. As gelowiges het ons 'n verantwoordelikheid om te waak teen die streke van die duiwel. Die Bybel leer dat ons wakker moet wees en selfbeheersing moet hê. Alhoewel die bedreiging werklik is, is ons verdediging kragtig. God het ons die vermoë gegee om weerstand te bied en ferm in ons geloof te staan.
Wanneer laas het jy gedink oor die feit dat daar 'n geestelike stryd plaasvind? Die volgende keer wanneer jy angstig voel, probeer onthou dat selfs al voer die vyand oorlog teen ons, beloof God dat hy uiteindelik sal misluk. Hoe kan kennis van die waarheid van die Woord van God jou help in tye van vrees?
Hemelse Vader, dankie dat U u Seun gestuur het om aan my die lewe te gee. Dankie dat U vir my 'n strydplan teen die vyand gee. Gee my asseblief ook die krag om vas te staan in my geloof, selfs wanneer ek swak voel. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |