Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 12 VAN 41

Lees: Spreuke 3:7-8, Spreuke 9:10, Spreuke 14:26-27, Spreuke 15:33, Spreuke 31:30, Psalms 34:11-14

SOAP: Spreuke 3:7-8

As ons deur die Skrif lees, merk ons baie gevalle op waar ons beveel word om die Here te vrees. Aanvanklik kan dit lyk asof dit in teenstelling is met hoe ons gekyk het na die noodsaaklikheid om ons vrees en angs te laat vaar. Dit is interessant om daarop te let dat wanneer God in die Skrif vir ons sê om nie te vrees nie, Hy ons gewoonlik vra om nie op ander omstandighede met vrees te reageer nie. Hy waarsku ons teen ons reaksie op die wêreld. God leer ons ook, as sy kinders, dat ons Hom as Here moet vrees. Hierdie is nie 'n passiewe reaksie van lafhartigheid nie. Inteendeel, dis ‘n aktiewe uiting van aanbidding.

Die term "vrees", wanneer dit verwys na hoe ons teenoor God moet optree, impliseer 'n gevoel van eerbied, ontsag en verwondering. Die manier waarop die Israeliete God aanbid het in die tempel op die Dag van Versoening, het hierdie gevoel van algehele respek vir die Almagtige verteenwoordig. Met Jesus se dood is die gordyn voor die allerheiligste geskeur, en hierdeur het ons almal toegang tot God gekry. Die bevel om te vrees, bly egter steeds van krag.

God roep ons om Hom te vrees, nie om ons van Hom te vervreem nie, maar eerder sodat ons ‘n beter begrip ​​van wie Hy is kan kry. Wanneer ons die Here eerbiedig vir wie Hy is en wat Hy gedoen het, begin ons ons eie prioriteite te herfokus omdat ons onsself sien in die lig van wie Hy is. In plaas daarvan om te bewe van vrees, groei ons eerder in vertroue omdat ons ons vertroue volkome en volledig in Hom plaas.

As jy na jou eie lewe kyk, is jy geneig om uit vrees weg te skram of wandel jy in eerbied en ontsag teenoor Hom? Om na die Here as die almagtige God te kyk, help ons om in moeilike tye vorentoe te gaan. Wat keer jou om volkome in Hom te vertrou?

Hemelse Vader, dankie dat U ons almagtige God is in wie ek ten volle met my hele lewe kan vertrou. Ek prys U vir u grootheid. Dankie vir die toegang wat ek tot U het deur u Seun. Vader, help my om my vertroue in U te laat groei terwyl ek u grootheid bewonder. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com