Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Lees: Kolossense 1:13-14, Psalms 91:1-16
SOAP: Kolossense 1:13-14
Dikwels, wanneer ons deur seisoene van vrees en angs gaan, voel dit asof ons van alle kante in ‘n lokval gelei word. Ons voel dat die wêreld daarop uit is om ons te kry. Die bedreiging voel eg en kan ons gedagtes en emosies oorweldig. Dis in hierdie tye wat God se waarheid in sy Woord vir ons duidelikheid gee.
Die Bybel leer ons dat ons God 'n redder is. Hy bied verlossing en vergifnis. Die Here sit nie eenkant en kyk hoe ons hartseer ervaar nie. Inteendeel, Hy tree aktief namens ons in. Die Skrif verklaar dat die Here ons bevry en bewaar van die vyand. Hy beskerm ons teen ons vrese. Hy antwoord wanneer ons om hulp roep en red ons in ons nood.
Ons verantwoordelikheid as gelowiges is om in sy liefde te rus. Ons moet in die veiligheid van sy goedheid woon. Wanneer ons vrees in plaas van geloof voel, moet ons na die Here kyk vir ons antwoorde en uitroep tot Hom vir ons behoeftes. Ons rus kom wanneer ons vertrou op wie God is en vashou aan die kennis van hoe Hy in die verlede gewerk het.
Hoe moet jy vandag God se verlossing in jou lewe ervaar? God hanteer die veeleisende werk namens ons. Hy vra van ons om net in Hom te rus. Wanneer laas het jy God se blywende liefde vir jou ervaar terwyl jy eenvoudig op Hom staatgemaak het?
Hemelse Vader, dankie vir u onvoorwaardelike liefde. Dankie dat ek na U kan kom wanneer ek moeg en bang voel. Help my om te rus in die wete dat U my sal bewaar ongeag waardeur ek gaan. Ek loof U vir u goedertierenheid. Dankie vir die finale verlossing wat U my deur Jesus gegee het. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |