JakobusVoorbeeld
Lees: Jakobus 3:6-12
SOAP: Jakobus 3:8-10
Jakobus gaan voort om die vernietigende krag van ons woorde te beskryf, en die behoefte aan selfbeheersing en wysheid wanneer ons praat. Kritiek, skinder, leuns en woede uitbarstings kan groot skade bring wat vir 'n leeftyd kan bly. Jakobus leer ons dat, sonder die krag en genade van God, niemand hulle tonge kan beheer nie.
In watter situasie of met wie druk die Heilige Gees dit op jou hart om jou spraak te beheer? Daar is groot wysheid daarin om ons woorde te beperk en toe te laat dat ons Geesgedrewe aksies en gedrag vir ons praat.
Vader God, neem beheer van my mond. Help my om my tong te beheer. Gee my wysheid en U onderskeidingsvermoë om te weet wanneer om te praat en wanneer om nie te praat nie. Help my dat my woorde U liefde reflekteer, sodat U naam verheerlik kan word as gevolg van U werk in my. In Jesus se naam. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.
More
Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com