JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 27 VAN 27

Oordenkingsvrae:

1. Hoe moet ons planne wat ons vir die toekoms maak hanteer? Watter soort gesindheid moet ons hê? 

2. Hoekom gee Jakobus so 'n streng waarskuwing aan die rykes (verse 1-6)?

3. Hoekom is geduld so belangrik gedurende tye van lyding? Hoe kan dit ons help?

4. Hoe kragtig is gebed? Hoekom bid ons nie so gereeld of so opreg as wat ons moet nie?

5. Wat is 'n paar praktiese maniere om iemand wat "gedwaal het van die waarheid", te hanteer?

Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com