JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 23 VAN 27

Lees: Jakobus 5:1-6

SOAP: Jakobus 5:1-3

Jakobus waarsku oor die lot van 'n groep goddelose, onverlosde, ryk mense wat die armes verdruk het deur rykdom te vergaar, salarisse terug te hou en die armes skade aangedoen het. Jakobus veroordeel nie rykdom nie, maar die goddelose en onregmatige gedrag van hierdie ryk mense. Dit is 'n waarksuwing aan beide die gelowiges en goddeloses om versigtig te wees vir materialisme en gierigheid. Dit is ook 'n waarskuwing vir almal dat God se geregtigheid naby is, intens is en dat mens nie daarvan kan ontsnap nie. 

In watter pynlike swaarkry word jy versoek om te twyfel aan God se komende vergelding in jou lyding? God bly standvastig en getrou om diegene wat Hy liefhet en wat Hy Sy eie noem, te beskerm. Hy bly ons beskermer, ons beskutting en ons verdediger. Gelowiges moet vertrou dat God Sy geregtigheid sal laat geskied op Sy manier en op Sy tyd. 

Vader God, U is my regverdige en geregtige Regter. Here, neem my begeerte om myself te wreek weg. Here, help my om verseker te bly dat U altyd doen wat reg en regverdig is. Versterk my om vir my vyande te bid en hulle goed te behandel. Help my om U te vertrou, Here, dat in U tydsberekening, U veroordeling en regverdige straf sekerlik sal kom. In Jesus se naam. Amen.

Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com