JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 20 VAN 27

Oordenkingsvrae:

1. Hoekom is dit so moeilik om die tong te beheer?

2. Wat is die gevaar wanneer ons nie ons tong beheer nie? 

3. Wat is die verskil tussen hemelse wysheid en aardse wysheid? Hoe weet jy watter een jy het?

4. Hoe is vriendskap met die wêreld owerspel teenoor God? Hoe bly ons getrou?

5. Word ons toegelaat om ander te oordeel? Hoekom of hoekom nie?

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com