JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 15 VAN 27

Lees: Jakobus 3:1-5

SOAP: Jakobus 3:3-5

Jakobus deel wysheid oor die krag van die tong, sodat gelowiges God se perspektief oor die balangrikheid van ons spraak sal verstaan. Ons spraak weerspieël wat in ons harte is, so enige woorde van woede, twyfel, bedrog en onsedelikheid moet vinnig gekonfronteer en reggestel word. Omdat ons woorde God moet weerspieël, benodig ons Sy hulp om te verseker dat ons woorde regverdig, liefdevol, beheersd, genadig en barmhartig is.  

Waar worstel jy met jou spraak? Watter van jou spraakgewoontes of spraakpatrone benodig God se hulp om dit te verfyn en te verander? Ons spraak weerspieël ons kennis en wysheid. Net soos ons gesindhede en gedrag, moet ons spraak ook aan God onderworpe wees vir transformasie. 

Vader God, ek dank U vir die krag van U Woord. Help my om U Woord te gebruik as 'n riglyn vir my spraak. Gee my wysheid, onderskeidingsvermoë en selfbeheersing met die keuse van my woorde. Laat my woorde verfrissend en genadig wees, en U altyd goed reflekteer. In Jesus se naam. Amen.

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com