JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 18 VAN 27

Lees: Jakobus 4:1-6

SOAP: Jakobus 4: 4-6

Wanneer gelowiges toegee en leef vir die kultuur, waardes en idees van die wêreld, pleeg ons geestelike owerspel. God maak dit duidelik dat ons nie twee here kan dien nie. Wanneer ons vir die wêreld leef, sal ons dié dinge aanbid waaraan die wêreld waarde heg wat in direkte teenstand is met die waardes van God. Ons moet daagliks kies om alleenlik vir God te dien, te aanbid en te leef. 

Waar worstel jy en gee jy toe aan die wêreld? God gee gelowiges die krag om versoeking te weerstaan om God se waardes op te gee en om inteendeel heelhartig vir Hom te leef. 

Vader God, ek dank U vir U beskerming wanneer ek in die versoeking kom om U waardes op te gee en U Woord te verdraai. Beskerm my hart en verstand van enige gedagtes, idees of geloofsoortuigings wat teen U Woord staan. Here, verwyder enige areas van trots in my hart wat my mag verhinder om U en U mense nederig te dien. In Jesus se naam. Amen. 

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com