JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 17 VAN 27

Lees: Jakobus 3:13-18

SOAP: Jakobus 3:17-18

Jakobus kontrasteer aardse wysheid met die wysheid van die hemel. God se wysheid reflekteer wie Hy is, terwyl aardse wysheid die donkerte en sonde reflekteer wat in mense se harte is. Om God se wysheid te bekom, moet gelowiges in geloof, transformasie deur God se Woord deur die krag van die Heilige Gees vra, en dit nederig ontvang. 

Hoe dikwels soek jy God se wysheid en leiding in jou omstandighede? Hoe bid jy tot God om getrou jou kennis van Hom te vermeerder, sodat jy kan groei in geestelike wysheid? 'n Gelowige se eerbied, ootmoed en aanbidding van God is die basis van alle kennis en wysheid.  

Vader God, gee my wysheid, kennis en begrip sodat ek U getrou kan volg. Here, vuur my begeerte om U beter te leer ken aan. Gee my passie om U weë te ken en maak daardie passie vir U aansteeklik onder almal wat ek teëkom. In Jesus se naam. Amen. 

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com