Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld
Ons kom seker vir God soos 'n muskietplaag voor met ons klein bekommernisse, angs en verwarrings wat ons onsself verbeel. Dit gebeur omdat ons nie die lewe wil leef wat Jesus ons bied nie. Sy liefde behoort ons in staat te stel om in vertroue rus in Hom te vind. Daar is sekuriteit van gister, sekuriteit vir môre en sekuriteit vir vandag. Dit was hierdie kennis wat ons Here die onwrikbare vrede gegee het wat Hy altyd gehad het.
Gemeenskappe is die mens se poging om die stad van God te bou. Die mens is vol vertroue dat as God net genoeg tyd sal gee, hy nie net 'n heilige stad sal kan bou nie, maar ook 'n heilige gemeenskap en vrede op aarde vestig. God gee hom genoeg geleentheid om te probeer, totdat hy oortuig word dat God se weg die enigste weg is.
OORDENKINGSVRAE:
1. In watter bekommernisse en onrus verlustig ek my, wat wys dat ek nie vrede het nie?
2. Watter samelewings en stelsels bou ons sodat ons die behoefte aan vrede met God as gering kan ag?
Aanhalings uit: "Biblical Ethics" en "The Highest Good" © Discovery House Uitgewers.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.
More
Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting