Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

DAG 25 VAN 30

Die meeste mense sien nie wat verkeerd is nie, en die woorde van 'n profeet soos Jeremia is vir hulle onsin. Ons kan nooit die dinge wat verkeerd is in die gesig staar sonder om verward te raak nie. As sonde iets onbenullig is en ons vir die genesing van mense kan bid en self vrede kan bewerkstellig, is die tragedie van die kruis 'n groot fout. Om 'n lewe met Christus, in God te leef, beteken dat ons soms mense, wat sonder God leef, vanuit sy oogpunt sal sien. Dit beteken ook dat ons vir hulle sal bid, al kyk hulle met jammerte op ons neer.

Neem my verborge sondes weg. Weerhou my ook van moedswillige sonde. Ek wil graag u vrede en reinheid in my lewe ervaar!

OORDENKINGSVRAE:
1. Hoekom is dit nodig om eerlik te wees oor wat ons verkeerd doen, voordat ons vergewe kan word?
2. Hoekom is dit onmoontlik om vrede te maak waar sonde teenwoordig is?
3. Hoekom is reinheid 'n vereiste vir vrede?

Aanhalings uit: "Notes on Jeremiah" en "Knocking at God’s Door", © Discovery House Uitgewers.
Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.

More

Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting