Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

DAG 26 VAN 30

Ons preek vir mense asof hulle daarvan bewus is dat hulle sterwende sondaars is, maar hulle is nie daarvan bewus nie. Hulle geniet hulself, en al ons gesprekke oor die noodsaaklikheid van wedergeboorte, is van 'n sfeer waarvan hulle niks weet nie. Sommige mense probeer om hul ongelukkigheid in wêreldse plesier te verdrink, maar almal is nie so nie. Vir die natuurlike mens is daar niks aantrekliks in die evangelie nie; die enigste mens wat die evangelie aantreklik vind, is dié mens wat van sonde oortuig word.

Sonder die kennis van Jesus Christus, en 'n oortuiging van sonde, het mense 'n ingesteldheid wat hulle volkome gelukkig en vreedsaam hou. Oortuiging van sonde kom deur middel van die Heilige Gees. Jou gewete kla jou aan om aan God se verwagtinge te voldoen.

OORDENKINGSVRAE:
1. Watter vredesboodskap het ek vir diegene wat nie weet dat hulle van God vervreemd is nie?
2. Waarom is die evangelie nie aantreklik vir diegene wat die lewe liefhet soos dit is nie?
3. Hoe weerhou God se goedheid my daarvan om my behoefte aan Hom te besef?

Aanhalings uit: "Biblical Ethics", © Discovery House Uitgewers.
Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.

More

Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting