Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld
Die Bybel sê nooit dat Satan skuldig is aan sondige dinge nie; hy is 'n skuldige wese. Mense is verantwoordelik vir verkeerde dade, en hulle doen verkeerde dinge as gevolg van hul verkeerde ingesteldheid. Ons geslepe morele natuur lei daartoe dat ons Satan blameer, terwyl ons goed weet dat ons onsself moet blameer. Die ware skuld van ons sondes lê in ons verkeerde ingesteldheid.
Satan is in alle waarskynlikheid net so ontsteld soos die Heilige Gees wanneer mense in sonde verval, maar om 'n heel ander rede. Wanneer mense sondig en hul lewe ontwrig, weet Satan dat hulle 'n ander Heerser, Verlosser en Redder nodig het. Solank Satan mense in vrede, eenheid en harmonie kan hou, weg van God af, sal hy dit doen (sien Lukas 11: 21-22).
OORDENKINGSVRAE:
1. Wie blameer ek vir my sonde?
2. Wat baat Satan daarby as ek 'n opregte en morele lewe lei?
3. Wat verloor hy as ek my lewe so opmors dat ek moet erken dat ek nie self vrede kan vind nie?
Aanhaling uit: "Biblical Psychology", © Discovery House Uitgewers.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.
More
Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting