Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld
Die vrede van Christus is sinoniem aan sy aard, en die werking van daardie vrede is in die Here se aardse lewe ten toon gestel. Dit is die God van vrede wat ons volkome heilig maak. Die gawe van Christus se vrede is aan die binnekant; God se vesting is aan die buitekant. Ek moet toesien dat ek die vrede van God toelaat om alles wat ek doen te beheer. Dit is my verantwoordelikheid — "Christus het vir julle vrede gegee en daardie vrede moet julle lewe regeer." (Kolossense 3:15)
Een van die dinge waarvan die God van vrede ons moet genees, is die hardnekkige stryd om dinge vir onsself te wil doen. Het die God van vrede jou nie kalmte gebring nie, of is daar nog 'n geroesemoes en 'n stryd? Hou jy nog steeds aan jou eie hardnekkige oortuiging vas? Worstel jy nog steeds met 'n lys van dinge wat jy wil hê.
OORDENKINGSVRAE:
1. Wat beteken dit om vrede toe te laat om in my lewe te regeer?
2. Wat is die verskil tussen om kalm te bly en om in vrede te lewe?
3. Wat is die verskil tussen kalmte en vrede?
Aanhalings uit: "The Highest Good" en "If You Will Ask", © Discovery House Uitgewers.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.
More
Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting