Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

DAG 23 VAN 30

Wanneer ons wedergebore word, vind ons vrede wat net in Jesus Christus te vind is. Dit is een van sy karaktereienskappe. Deur Christus Jesus, het God ons saam met Hom opgewek uit die dood, en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee. Die ou manier waarop ons dinge gedoen het, is dood en ons word 'n nuwe skepping in Christus Jesus. In daardie nuwe skepping verskyn die ware vrede wat in Jesus Christus geopenbaar is.

Wanneer God ons verhoog tot hemelse plekke, ontvang ons Jesus se reinheid. Dit is wat die geheiligde lewe beteken — die onstuitbare omvang van sy vrede, die onwrikbare, moeitelose krag en sy onpeilbare heiligheid, suiwer soos kristal.

OORDENKINGSVRAAG:
1. Is ek ontsteld as ek ongerief ervaar, of oorweeg ek die moontlikheid dat dit gebeur om my iets belangriks te laat sien wat ek miskien nie sou raaksien nie?

Aanhalings uit: "Our Brilliant Heritage" © Discovery House Uitgewers.
Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.

More

Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting