'n Saak vir Christus LeesplanVoorbeeld

Case For Christ Reading Plan

DAG 3 VAN 7

Hoekom Moes Jesus Sterf?

Die skynbare teenstrydigheid wat in die evangelies gevind word, kom so raaiselagtig as wat kan kom in Matteus 17:22-23 voor. God sou die wêreld deur die dood van sy Seun red. God, in sy Goddelike natuur, sterf nie. Hoe sou God dit dus regkry? Hoe sou God die Verlosser van die mensdom kon word? Hy moes as 'n mens na die aarde toe kom om hierdie taak te kon verrig. Jesus was die Een wat dit moes doen.

Jesus sê in Matteus 20:28: "Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense." Dit is óf die ergste vorm van grootpratery óf dit is 'n voorbeeld van Iemand wat werklik glo as Hy sê: "Ek en die Vader is een" (Johannes 10:30). Dit was asof Jesus sê: "Ek het die gesag om namens die Vader te praat; Ek het die mag om namens die Vader op te tree; as jy my verwerp, verwerp jy die Vader."

Selfs as jy die evangelie van Johannes buite rekening laat en slegs die drie sinoptiese evangelies lees, sou jy steeds by dieselfde gevolgtrekking uitkom. Dit is ook die gevolgtrekking waarna Jesus ons sou lei as ons 'n Bybelstudie kon hou en Hom hierdie vraag kon vra. 'n Skerpsinnige Bybelleser moet vra: " waarom is daar geen ander eerste-eeuse Jood wat vandag miljoene volgelinge het nie?" Waarom is daar nie 'n Johannes die Doper-beweging nie? Waarom, onder al die eerste-eeuse figure, insluitend die Romeinse keisers, word Jesus nog steeds vandag aanbid, terwyl die ander in die stof van die geskiedenis weggesak het?" Dit is omdat hierdie Jesus — die geskiedkundige Jesus — die lewende God is. Terwyl die ander lank alreeds weg is, is Hy nog hier.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Case For Christ Reading Plan

Het jy al ooit die Bybelse waarhede gehoor, maar gewonder waar om daardie waarhede in die Bybel te vind? Of het jy al ooit gewonder waar om die bewys vir geloof in God in die Bybel te vind? Jy is nie alleen nie. Hierdie 7-dag leesplan deur Lee Stroebel, 'n voormalige ateïs, verken Jesus se aansprake, sy Godheid en bied bewyse dat Hy die Messias is. Die verskillende oordenkings is uit Lee se eie ervarings geneem en word in joernalistiese styl aangebied uit sy dae as ondersoekende verslaggewer by die Chicago Tribune. Hierdie leesplan is perfek vir diegene wat besig is met 'n deeglike soeke na die waarheid om te besluit of Jesus die Persoon is waarop Hy aanspraak gemaak het.

More

Ons wil Lee Strobel en Zondervan bedank vir die verskaf van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://store.faithgateway.com/products/the-case-for-christ-a-journalists-personal-investigation-of-the-evidence-for-jesus