'n Saak vir Christus LeesplanVoorbeeld
Hoe het Jesus se Optrede sy Aanspraak op Goddelikheid Gestaaf?
Jesus se woorde, alhoewel indrukwekkend, was somtyds geïgnoreer of verwerp; die wonderwerke was egter moeiliker om as niks af te maak of te betwis. Onder Jesus se buitengewone kragte was ook sy gesag oor die natuurlike wêreld.
Matteus 14:22-33 teken ook die wonderbare gebeurtenis op waar Jesus op die woeste oppervlak van 'n stormagtige meer loop om by sy dissipels uit te kom. Deur Jesus se aanmoediging was Petrus ook wonderbaarlik bemagtig om op die water te loop. Toe Jesus en Petrus in die boot klim, gaan die wind onmiddellik lê, wat die dissipels in die boot laat uitroep: "U is waarlik die Seun van God." 'n Soortgelyke gedeelte in Markus 4:39 vermeld dat Jesus met die eenvoudige woorde: "Hou op! Bedaar!" die woeste rukwind tot stilstand gebring het. Die dissipels was stomgeslaan en verskrik (sien Markus 4:41). Hulle het gewonder watter soort mens besit soveel mag dat selfs die kragte van die natuur aan Hom gehoorsaam is? Hulle het die antwoord geken: slegs God self.
Alhoewel woorde oortuigend kan wees, verskaf dade kragtiger bewyse om jou woorde te versterk. In Jesus se geval, het Hy sterk aansprake gemaak en soos sy dissipels kon getuig, het sy dade sy gesag as Seun van God verder bevestig.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit die Bybelse waarhede gehoor, maar gewonder waar om daardie waarhede in die Bybel te vind? Of het jy al ooit gewonder waar om die bewys vir geloof in God in die Bybel te vind? Jy is nie alleen nie. Hierdie 7-dag leesplan deur Lee Stroebel, 'n voormalige ateïs, verken Jesus se aansprake, sy Godheid en bied bewyse dat Hy die Messias is. Die verskillende oordenkings is uit Lee se eie ervarings geneem en word in joernalistiese styl aangebied uit sy dae as ondersoekende verslaggewer by die Chicago Tribune. Hierdie leesplan is perfek vir diegene wat besig is met 'n deeglike soeke na die waarheid om te besluit of Jesus die Persoon is waarop Hy aanspraak gemaak het.
More
Ons wil Lee Strobel en Zondervan bedank vir die verskaf van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://store.faithgateway.com/products/the-case-for-christ-a-journalists-personal-investigation-of-the-evidence-for-jesus