'n Saak vir Christus LeesplanVoorbeeld

Case For Christ Reading Plan

DAG 7 VAN 7

Het Jesus Regtig Aan die Kruis Gesterf?

Aangesien Jesus se dood sentraal is tot die Christelike boodskap, is dit dan enigsins moontlik dat Hy die kruisiging kon oorleef het?

"Onder geen omstandighede nie," antwoord Dr. Alexander Metherell, wat beide 'n mediese dokter en 'n kenner van kruisiging is.

"Onthou, as gevolg van sy geseling was hy reeds in hipovolemiese skok deur die geweldige bloedverlies wat selfs voor die kruisiging begin het. Daar is nie 'n manier wat Hy sy dood kon vervals het nie, want jy kan nie die onvermoë om asem te haal vir lank vervals nie. [Kruisiging is in wese 'n pynlik stadige dood deur versmoring as gevolg van die spanning wat op die slagoffer se borsspiere geplaas word en dus sy vermoë om asem te haal.] Buitendien, die spies wat in sy sy gesteek is (sien Johannes 19:34) sou die kwessie finaal afhandel. Die Romeinse soldate sou regtig nie hulle eie lewe gewaag het deur Hom lewendig te laat wegkom nie. Dit is onmoontlik dat Jesus bloot net aan die kruis flou geword het. Dit is 'n verbeeldingryke teorie sonder enige feitelike basis."

— Aangepas uit 'n onderhoud met Dr. Alexander Metherell
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Case For Christ Reading Plan

Het jy al ooit die Bybelse waarhede gehoor, maar gewonder waar om daardie waarhede in die Bybel te vind? Of het jy al ooit gewonder waar om die bewys vir geloof in God in die Bybel te vind? Jy is nie alleen nie. Hierdie 7-dag leesplan deur Lee Stroebel, 'n voormalige ateïs, verken Jesus se aansprake, sy Godheid en bied bewyse dat Hy die Messias is. Die verskillende oordenkings is uit Lee se eie ervarings geneem en word in joernalistiese styl aangebied uit sy dae as ondersoekende verslaggewer by die Chicago Tribune. Hierdie leesplan is perfek vir diegene wat besig is met 'n deeglike soeke na die waarheid om te besluit of Jesus die Persoon is waarop Hy aanspraak gemaak het.

More

Ons wil Lee Strobel en Zondervan bedank vir die verskaf van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://store.faithgateway.com/products/the-case-for-christ-a-journalists-personal-investigation-of-the-evidence-for-jesus