'n Saak vir Christus LeesplanVoorbeeld
Het Mense Getuig van die Feit Dat Jesus God Is?
Alhoewel sommige kritici Jesus slegs 'n profeet of 'n goeie man genoem het, was baie mense getuies van sy Goddelike identiteit. In Handelinge 5:31 verklaar Petrus dat Jesus 'n "Leidsman en Verlosser" is, dat Hy aan die regterhand van God sit en in staat is om die sondes te vergewe van die mense wat Hom gekruisig het. Petrus het beslis geglo dat Jesus God is. In Matteus 16:15–16 vra Jesus vir Petrus oor hierdie spesifieke kwessie: "Maar julle, wie, sê julle, is Ek?" en Petrus antwoord: "U is die Christus, die Seun van die lewende God." Die dissipel Tomas, wat van aangesig tot aangesig met die opgestane Jesus gekom het, bely: "My Here en my God!" (Johannes 20:28).
Selfs heidene het Jesus se Goddelikheid verklaar. Toe Jesus sterf, het die lug donker geword en die aarde gebewe. Die Romeinse hoofman oor honderd en soldate wat die kruisiging uitgevoer en al hierdie sien gebeur het, het uitgeroep, "Hierdie man was werklik die Seun van God" (Matteus 27:54).
In Markus 2:1–12 (sien ook Matthéüs 9:1–8; Lukas 5:17–26), het Jesus nie alleen die verlamde man se sonde vergewe nie, maar ook sy gesag om vergifnis te gee, bewys deur die man van sy verlamming te genees. Jesus het die man in die openbaar bedien, voor baie getuies en ten aanskoue van die vyandige Fariseërs. Alhoewel die Fariseërs Jesus se aanspraak verwerp het ondanks die bewyse, het diegene wie se geestelike oë geopen is, geglo dat daar geen ruimte vir twyfel bestaan het oor wie Hy was nie: Jesus was (en is) die Seun van God.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit die Bybelse waarhede gehoor, maar gewonder waar om daardie waarhede in die Bybel te vind? Of het jy al ooit gewonder waar om die bewys vir geloof in God in die Bybel te vind? Jy is nie alleen nie. Hierdie 7-dag leesplan deur Lee Stroebel, 'n voormalige ateïs, verken Jesus se aansprake, sy Godheid en bied bewyse dat Hy die Messias is. Die verskillende oordenkings is uit Lee se eie ervarings geneem en word in joernalistiese styl aangebied uit sy dae as ondersoekende verslaggewer by die Chicago Tribune. Hierdie leesplan is perfek vir diegene wat besig is met 'n deeglike soeke na die waarheid om te besluit of Jesus die Persoon is waarop Hy aanspraak gemaak het.
More
Ons wil Lee Strobel en Zondervan bedank vir die verskaf van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://store.faithgateway.com/products/the-case-for-christ-a-journalists-personal-investigation-of-the-evidence-for-jesus