'n Saak vir Christus LeesplanVoorbeeld

Case For Christ Reading Plan

DAG 4 VAN 7

Wat is Betekenisvol van Jesus se Vergewing van Sonde?

Dokters sê dat mense soms sielkundige siektes kan hê, en wanneer hulle 'n nuwe doel of rigting in die lewe kry, ervaar hulle verligting van hulle simptome — hulle het nie meer die kruk van die siekte nodig nie. Vir ander, kan die "plasebo-effek" sigbare resultate hê. Dit beteken, as jy glo jy gaan beter word, word jy dikwels beter. Toe mense dus na Jesus gekom het, kon hulle geglo het dat Hy hulle kan genees en dus het Hy. Die feit bly egter staan: Ongeag van hoe Hy dit gedoen het, Jesus het hulle genees.

Natuurlik, selfs as jy hierdie verduideliking vir sommige gevalle aanvaar, verduidelik dit nie al Jesus se genesings nie. Daarteenoor neem psigomatiese genesing tyd, maar Jesus se genesings was onmiddellik. Dit gebeur ook dat die simptome van mense wat sielkundig genees is, na 'n paar dae terugkeer. Ons sien egter nie enige bewys hiervan in die evangelies nie. Jesus het toestande soos blindheid en melaatsheid genees, waarvoor 'n psigomatiese verduideliking baie onwaarskynlik is. Hierbenewens het Hy mense uit die dood opgewek — en die dood word nie deur sielkundige toestande veroorsaak nie! Laastens, is daar ook al die wonderwerke wat Hy in die natuur verrig het — soos die stilmaak van die storm op see en water wat in wyn verander is. Hulle almal weerspreek naturalistiese antwoorde.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Case For Christ Reading Plan

Het jy al ooit die Bybelse waarhede gehoor, maar gewonder waar om daardie waarhede in die Bybel te vind? Of het jy al ooit gewonder waar om die bewys vir geloof in God in die Bybel te vind? Jy is nie alleen nie. Hierdie 7-dag leesplan deur Lee Stroebel, 'n voormalige ateïs, verken Jesus se aansprake, sy Godheid en bied bewyse dat Hy die Messias is. Die verskillende oordenkings is uit Lee se eie ervarings geneem en word in joernalistiese styl aangebied uit sy dae as ondersoekende verslaggewer by die Chicago Tribune. Hierdie leesplan is perfek vir diegene wat besig is met 'n deeglike soeke na die waarheid om te besluit of Jesus die Persoon is waarop Hy aanspraak gemaak het.

More

Ons wil Lee Strobel en Zondervan bedank vir die verskaf van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://store.faithgateway.com/products/the-case-for-christ-a-journalists-personal-investigation-of-the-evidence-for-jesus