'n Saak vir Christus LeesplanVoorbeeld

Case For Christ Reading Plan

DAG 6 VAN 7

Wat Onderskei Jesus Van Ander Godsdienstige Figure?

Jesus was nie soos enige ander persoon wat voor Hom gekom het of enigiemand wat na Hom sou kom nie. Terwyl ander godsdienstige figure dwarsdeur die geskiedenis wysheid en geestelike leiding aan miljoene mense gebied het, is daar twee faktore wat Jesus onderskei van die res: eerstens sy Goddelikheid en tweedens sy liefde.

In 1 Korinthiërs 13, beskryf Paulus op 'n pragtige wyse 'n unieke soort liefde wat groter is as geloof en hoop — liefde wat profesie en alle ander indrukwekkende geestelike gawes oorskadu. Al is ons perspektief te nou om hierdie liefde ten volle te verstaan, kan ons helder blikke van hierdie ewige, ongeëwenaarde liefde deur Jesus sien. Dit is dié soort liefde wat ons in hierdie gedeelte oproep om mekaar lief te hê.

Jesus, as die Koning van die hemel, het onbaatsugtig die gerief van die hemel prysgegee en alle aanbiedinge van aardse mag of rykdom afgewys om 'n kort, eenvoudige lewe te lei. Uiteindelik het Hy die diepte van sy liefde bewys deur sy eie lewe vir ons op te offer. As die Seun van God, het Hy die wêreld so liefgehad dat Hy 'n weg tot God gebaan het vir almal wat Hom as God erken (sien Johannes 3:16; 14:6). Hierdie dinge maak Jesus uniek onder ander godsdienstige figure.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Case For Christ Reading Plan

Het jy al ooit die Bybelse waarhede gehoor, maar gewonder waar om daardie waarhede in die Bybel te vind? Of het jy al ooit gewonder waar om die bewys vir geloof in God in die Bybel te vind? Jy is nie alleen nie. Hierdie 7-dag leesplan deur Lee Stroebel, 'n voormalige ateïs, verken Jesus se aansprake, sy Godheid en bied bewyse dat Hy die Messias is. Die verskillende oordenkings is uit Lee se eie ervarings geneem en word in joernalistiese styl aangebied uit sy dae as ondersoekende verslaggewer by die Chicago Tribune. Hierdie leesplan is perfek vir diegene wat besig is met 'n deeglike soeke na die waarheid om te besluit of Jesus die Persoon is waarop Hy aanspraak gemaak het.

More

Ons wil Lee Strobel en Zondervan bedank vir die verskaf van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://store.faithgateway.com/products/the-case-for-christ-a-journalists-personal-investigation-of-the-evidence-for-jesus