Wie Is God?Sample
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Galasiërs 5:15-26
In die laaste deel van die brief aan die Galasiërs fokus Paulus op die Heilige Gees. En die geheim van ’n Geesvervulde lewe is om onder beheer van die Gees te lewe en nie onder beheer van die wet of die sondige natuur nie. Dit bepaal die rigting waarin jou lewe ontwikkel — óf jy dra al hoe meer die vrug van die Gees, óf jy word beheer deur jou sondige begeertes; óf jy lewe in die kragveld van die Gees óf in die kragveld van die vlees.
Maar ’n mens moet hierdie groei nie in die eerste plek persoonlik opneem nie. Die lewe onder beheer van die Gees beteken dat sekere sondige praktyke (= meervoud, met die klem op wat mense doen) BINNE die gemeenskap van gelowiges vermy moet word. Let op dat 8 van die 15 sondige praktyke met konflik in die gemeenskap van gelowiges te make het (Galasiërs 5:19-21): vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring en afguns.
Die res van die sondige praktyke het wel met jou persoonlike lewe te make. Paulus wys hulle op sekere slegte moreel-etiese waardes: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, dronkenskap (dronk-drink partytjies) en uitspattigheid (oordadige etes) asook die navolg van verkeerde godsdienstige praktyke: afgodsdiens (beeld-aanbidding) en towery (gebruik van magiese voorwerpe).
Die vrug (= enkelvoud, met die klem op hoe mense is) van die Gees het eweneens direk met gedrag BINNE die gemeenskap van die gelowiges te make: liefde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid en nederigheid. Selfs die ander 2 dele van die vrug het ’n impak op die gemeenskap van gelowiges: vreugde, selfbeheersing (vry EN verantwoordelik!), hoewel dit meer met jou persoonlike gedrag te make het. Maar belangrik, die dinge is nie soseer iets wat jy doen nie, dit is iets wat in jou groei deur die werk van die Heilige Gees. Dit dui ’n manier van omgaan met ander aan, ’n manier van wees.
Uitleggers wys gereeld daarop dat hier 3 groepe van 3 deugdes genoem word. In lyn daarmee sal ek dit ook só kan voorstel: 1) Gawes van God: liefde, vreugde, vrede; 2) Gawes vir die gemeente: geduld, vriendelikheid, goedhartigheid; 3) Gawes vir die gemeenskap: getrouheid, nederigheid, selfbeheersing. Veral die laaste drie, wat as Christelike deugdes verklaar kan word, sou deur die Griekse wysgere hoog aangeslaan word.
Die lewe in die Gees het dus alles te make met ’n mens se gedrag in die gemeenskap van die gelowiges. Daarom dat Paulus vervolg in Galasiërs 5:26 met ’n verdere waarskuwing: “Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie,” en dit afsluit met ’n oproep om mekaar se laste (verwys heel moontlik terug na wanneer iemand in versoeking kom) te dra. Selfs wanneer iemand in sonde geval het, moet só ’n persoon met ’n gees van sagmoedigheid reggehelp word. Alles om die gemeenskap van die gelowiges te beskerm. En daarin moet alle gelowiges volhard: “laat ons nie moeg word om goed te doen nie.”
1. Paulus raak hier natuurlik meer aan as net oortredings van die sesde en sewende gebod. Dit betrek eintlik die hele Tien Gebooie. Wat tref jou van Paulus se sondelysie? En die gevolge van volharding in daardie sondes?
2. Paulus lê klem op die belofte van die Gees wat ons leefstyl sal bepaal as ons sondige begeertes gekruisig word. Verootmoedig jou voor die Here en vra dat die Gees sy vrug in jou lewe sal dra.
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die belofte en vrug van die Gees se werk in jou.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Galasiërs 5:13-6:17 — Dra die vrug van die Gees in die gemeenskap van gelowiges.
Scripture
About this Plan
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans
![Multiplying the Gospel // Gospel X - Multiplying the Message](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54680%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Multiplying the Gospel // Gospel X - Multiplying the Message
![The Bible for Young Explorers: Numbers](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55190%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Bible for Young Explorers: Numbers
![Creating a Culture of Gospel Multiplication // Gospel X - Multiplying the Gospel](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55067%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Creating a Culture of Gospel Multiplication // Gospel X - Multiplying the Gospel
![The Bible for Young Explorers: Deuteronomy](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55189%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Bible for Young Explorers: Deuteronomy
![He Gets Us: What Is Greatness?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55161%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
He Gets Us: What Is Greatness?
![Healing in Jesus' Name – Through Your Hands](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55172%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Healing in Jesus' Name – Through Your Hands
![The Bible for Young Explorers: Exodus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55167%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Bible for Young Explorers: Exodus
![Ears to Hear (S3-E7)](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54165%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ears to Hear (S3-E7)
![The Bible for Young Explorers: Leviticus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55166%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Bible for Young Explorers: Leviticus
![The Way to Follow Jesus According to the Gospel of Luke](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54844%2F320x180.jpg&w=640&q=75)