YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 37 OF 364

Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21

Petrus herinner gelowiges aan die feit dat die getuienis oor Jesus Christus volledig betroubaar is. Dit is nie maar ‘n vindingryke fabel, ‘n goeie verhaal nie.

In die eerste plek is dit betroubaar vanweë sy kragtige teenwoordigheid in die verkondiging aan hulle in Turkye (2 Petrus 1:16). Die getuienis oor Jesus Christus is in die tweede plek betroubaar weens die ooggetuie karakter van Petrus se eie ervaring daarvan tydens Jesus se lewe op aarde (2 Petrus 1:17-18). Petrus verwys hier na die ervaring wat hy met Jesus en twee ander dissipels op die berg van verheerliking gehad het (Matteus 17).

Die getuienis oor Jesus Christus is in die derde plek betroubaar weens die getuienis daaroor in die Skrifte, soos die Heilige Gees dit aanwend en uitlê, wat hulle die regte begrip van al dié dinge kan gee (2 Petrus 1:19-20). Dít is uiteindelik die belangrikste deel van hulle fokus in hulle geestelike groei: “Julle doen die regte ding as julle daarop fokus soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte.

Hiermee verwys hy na die fokus op die Skrif onder leiding van die Heilige Gees totdat daar begrip van die Woord van God vir hulle lewe kom. Petrus gebruik die metafoor van die môrester hier as 'n vergelyking met die boodskap van die profete wat is soos 'n lamp wat in 'n donker plek skyn. Dat die môrester moet opkom in "julle harte" beteken dus, figuurlik gesproke, dat hulle op die Skrif moet fokus, spesifiek ook die boodskap van die profete, totdat hulle dit deeglik verstaan.

1. Hierdie beskrywing van die Skrif is fundamenteel. Wat staan vir jou uit van Petrus se beskrywing daarvan? Hoe verskil dit van ander kennis wat ons opdoen in die lewe?

2. Net so fundamenteel is die belydenis dat die Skrif die werk van die Heilige Gees is wat mense geïnspireer het om die Woord van God te verkondig. Dit vul ons met ontsag en sekerheid. Loof God dat ons die Skrif kan vertrou as sy gawe aan ons.

3. Lees die verse later vandag weer om jou aan die sekerheid van God se openbaring in die Skrif te herinner.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 2 Petrus 1 met die tema: Lê julle daarop toe om julle roeping en verkiesing stewig te vestig.

Day 36Day 38

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More