YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 25 OF 364

Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Psalm 33:4-9

Psalm 33 is een van die weinige Psalms wat nie ’n opskrif het nie. Soos iemand van dié Psalms sê, dit is weeskind-Psalms! Maar watter spraaksame weeskind! Dit roep al die nasies sowel as die hele wêreld op om God te loof. Waar Psalm 25 diep nadenke oor vertroue was, is Psalm 33 'n loflied oor vertroue. Die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde. Dit is sigbaar in die skepping, dit is duidelik deur die geskiedenis. En wat die skepping en die geskiedenis oor God sê, is dat die Here sorg vir dié wat Hom vertrou.

1. Onderstreep al die eienskappe van God se woord, wese en werke. Dit is regtig omvattend. Dit sluit ‘n boodskap aan alle nasies in. Wat staan vir jou uit?

2. Hoe laat hierdie teks jou anders dink en voel? Wat vra dit van jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se omvattende voorsiening vir jou.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 33 met die tema: God sorg vir dié wat Hom vertrou.

Scripture

Day 24Day 26

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More