Wie Is God?Sample
Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? — Matteus 6:25-26; Romeine 8:28
Die probleem wat Jesus net tevore in die Bergrede aangespreek het, was die verdeelde lojaliteit wat kom as ‘n mens besittings najaag. Hier spel Hy dan uit wat dit beteken vir ‘n mens se bekommernisse oor kos, drank, en klere. Die lewe en jou liggaam is baie meer belangrik as die dinge waarmee jy dit voed en versorg. Jesus gebruik die voorbeeld van die voëls in die lug wat nie saai en oes nie, nie bymekaarmaak in skure nie, en tog op God se sorg, ons Vader in die hemel, kan staatmaak. Ons is baie meer werd as hulle, sê Jesus retories.
Paulus gee vir ons 'n nog meer omvattende belofte dat God — Hy wat alles gemaak het — alles ten goede sal laat meewerk vir dié wat Hom liefhet. Paulus praat dus die Romeine moed in, spoor hulle aan om te volhard, motiveer hulle met die klem op die inwonende Gees wat nie net hulle van binne af vernuwe nie, maar alles ten goede laat meewerk.
1. Jesus besweer ons kommer oor ons daaglikse lewe met sy belofte dat ons vir Hom kosbaar is. Wat tref jou van sy voorsiening? Wat vra dit van jou?
2. Paulus besweer ons kommer oor die uitkoms van ons lewe met sy belofte dat alles ten goede meewerk. Hoe laat dit jou voel? Wat vra dit van jou?
3. Lees die twee gedeeltes later vandag weer om jou aan God se voorsiening in alles te herinner.
4. Jy kan later vanaand die twee gedeelte weer lees in die konteks van Matteus 6 en Romeine 8 met die temas: Jesus fokus op die lewe van geregtigheid, en As God vir ons is, wie kan teen ons wees.
Scripture
About this Plan
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More