Wie Is God?Sample
Vraag 5: Hoe ken jy God?
1. Hoe het jy God leer ken? Wie en wat het jou kennis van God gevorm?
2. Lees my antwoord en oordink dit.
Deur die skepping en versorging van die heelal. Dit is soos ’n mooi boek waarin ek God se ewige krag en Goddelikheid duidelik sien. Hy het alles gemaak en op Hom is alles gerig. Deur die Bybel wat God se wil volkome bevat. Alles wat ek vir my saligheid moet glo, word daarin voldoende geleer.
3. Hoe verryk hierdie beskrywings jou gedagtes oor hoe ons God leer ken?
4. Lees God se belofte en opdrag in Josua 1:1-9. Wat tref jou?
5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.
Josua het veertig jaar lank gesien hoe God vir hulle in die woestyn sorg. Nou is Moses dood. Die Here praat met Josua en herhaal die belofte van die land. God sal Josua nooit in die steek laat en nooit los nie. Josua moet sterk en dapper wees en al die opdragte uitvoer wat God in sy wetboek, die Bybel, vir hom gee. Josua moet dag en nag daaroor nadink sodat hy alles kan doen wat daarin geskryf is. Hy moenie links of regs daarvan afwyk nie. Dan sal hy God se wil ken en suksesvol wees in alles wat hy doen.
6. Wat maak jou opgewonde van God se openbaring in die Bybel? Loof die Here dat Hy met ons in die skepping praat, en nog helderder deur sy Woord.
Scripture
About this Plan
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More