YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 32 OF 364

Hoe ken jy God? – Romeine 1:20

Romeine 1:18-23 beskryf die toorn van God oor die goddeloosheid (asebia) en ongeregtigheid (adikias) van die hele mensdom (hfst 2 sal uitwys dat dit die Jode insluit). Hulle erken God nie as Skepper nie ten spyte van die algemene openbaring. Omdat God se wese en werke vir almal sigbaar is, kan niemand hom- of haarself verontskuldig dat hulle nie geweet het nie, want die kennis van God is van altyd af sigbaar. Trouens, in hoofstuk 2 sal Paulus uitwys dat die wet van God in die harte van alle mense geskryf is (Romeine 2:15). God is dus in die Skepping sigbaar, en sy wil in ons eie hart. Die mensdom kies egter om eerder afgode te dien. Hulle verruil die aanbidding van God as Skepper vir die aanbidding van die skepping en sy skepsels.

1. Watter onsigbare eienskappe van God kan jy uit die skepping aflei? Kan ‘n mens dit miskyk en God daarvoor verkwalik?

2. Wat is jou ervaring van God se ewige krag en Goddelikheid?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se kragtige nabyheid wat nooit sal ophou nie.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 1 met die tema: God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo.

Scripture

Day 31Day 33

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More